L.W. Hiemstra

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
L.W. Hiemstra
L.W. Hiemstra
L.W. Hiemstra

Gebore 3 Julie 1897
Lydenburg
Oorlede 12 Julie 1978
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Beroep Joernalis, taalkundige
Bekend vir Tweetalige Woordeboek
Eerbewyse Eredoktorsgraad, Universiteit van die Vrystaat

Dr. Louis Wybren Hiemstra (Lydenburg, 3 Julie 189712 Julie 1978) was een van die bekendste Afrikaanse taalkundiges van sy tyd wat veral bekend was om sy medewerking aan die Tweetalige Woordeboek.

Hy studeer aan die Universiteit van Kaapstad, word 'n joernalis by Die Volkstem, Die Burger en Die Volksblad en speel 'n belangrike rol in die bevordering van taalsuiwerheid in Afrikaans as lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, taalkundige redakteur van die Nasionale Pers en voorsitter van die Tweetalige Woordeboek. Die Universiteit van die Vrystaat het 'n eredoktorsgraad aan hom toegeken.

Bron[wysig | wysig bron]