Leading lady

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Leading Lady
Regisseur Henk Pretorius
Draaiboek Henk Pretorius
Tina Kruger
Met Bok van Blerk
Brümilda van Rensburg
Katie McGrath
Musiek deur Benjamin Willem
Kinematografie Trevor Calverley
Redigeerder Warwick Allan
Ateljee Dark Matter Studios
Verspreider Ster Kinekor
Uitgereik 28 November 2014
Speeltyd 96 min.
Land Suid-Afrika
Taal Engels
IMDb-profiel

Leading Lady is 'n Suid-Afrikaanse rolprent wat op 28 November 2014 in Suid-Afrika vrygestel is. Die film word ook in die VSA versprei en sal daar in teaters vertoon word. Dit is in Londen, die Oos-Vrystaat, Heidelberg en Johannesburg verfilm.

Leading Lady het in die eerste naweek meer as R1,368 miljoen by die loket verdien. Dit is meer as wat die romantiese komedie, Semi-soet met sy openingsnwaweek ingebring het (R1,3 miljoen).[1]

Genre[wysig | wysig bron]

Die rolprent is ’n romantiese komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie, maar ouerleiding word aanbeveel.

Hoorrolspelers[wysig | wysig bron]

Asook andere.

Storielyn[wysig | wysig bron]

Leading Lady vertel die verhaal van ’n jong opkomende Britse aktrise, Jodi Rutherford, wat Kobus Willemse, ’n Suid-Afrikaanse boer van Brandfort, oorreed om haar te help om voor te berei vir die uitdagende rol as ’n Afrikaanse oorlogsheldin in 'n Hollywoodse rolprent. In ruil daarvoor kry sy die geleentheid om die jaarlikse konsert op Willemse se plaas te reël en die regie te behartig.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]