Len Anthony
Len Anthony is een van Derick Jacobs se vele skuilname.
Derick Jacobs (*31 Desember 1944, Upington -) is ’n Afrikaanse skrywer wat onder sy eie naam, en verskeie skuilname ontspanningslektuur skryf. Jacobs se skuilname (behalwe Len Anthony) sluit in: Stefan Radlof, Rena de Kock, Henriette Fouché, Susan Maree.[1]
Biografie
[wysig | wysig bron]Derick Jacobs is op 31 Desember 1944 op Upington gebore. Hy word groot op Windhoek in die ou Suidwes-Afrika (vandag Namibië).
Na skool werk hy in die mediabedryf, onder meer as nuuskrywer by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK).[2]
Hy is getroud met die skrywer Christene-Ray Knox wat self boeke en verskeie kortverhale en vervolgverhale vir tydskrifte geskryf het.
Publikasies as Len Anthony[3]
[wysig | wysig bron]Jaar | Titel van publikasie |
1972 | Onder blink sterre |
1973 | Blink soos diamante
Skaduwee oor La Bohéme |
1975 | Blink soos druppels dou
Sending noord na moord |
1976 | Skat van die Namib
Platform 15 |
1978 | Die sluiper |
1979 | Huis teen die berghang
Terwyl branders ruis (Len Anthony en Dewald Brink) Die jagter (Len Anthony en Willie van Rensburg) Alles net vir Monica (Len Anthony en Dewald Brink) |
1980 | Soveel blink beloftes (herdruk van “Onder blink sterre”)
Vrees het ’n weerklank |
1981 | Die mooiste droom (herdruk van Skaduwee oor La Bohéme)
Die ure agter ons |
1983 | Ver lê die môre |
1988 | Nag van die duiwel |