Upington

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Upington
Lugfoto van Upington se sentrale sakekern
Lugfoto van Upington se sentrale sakekern
Ligging van Upington op 'n kaart (Noord-Kaap)
Upington
Upington
 Upington se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 28°24′S 21°16′O / 28.400°S 21.267°O / -28.400; 21.267Koördinate: 28°24′S 21°16′O / 28.400°S 21.267°O / -28.400; 21.267
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distrik ZF Mgcawu
Munisipaliteit Khara Hais
Stigting 1873[1]
Oppervlak[3]
 - Sensusgebied 580,8 km²  (224,2 vk m)
Bevolking (2011)[3]
 - Sensusgebied 74 834
 - Digtheid 129/km² (334,1/myl2)
Rasverdeling (2011)[3]
 • Swart 25.6%
 • Kleurling 62.6%
 • Indiër/Asiër 0.6%
 • Blank 10.1%
 • Ander 1.1%
Taal (2011)[3]
 • Afrikaans 85.5%
 • Xhosa 6.1%
 • Tswana 3.2%
 • Engels 2.1%
 • Ander 3.1%
Poskode (straat) 8800
Skakelkode(s) 054
Webwerf: www.kharahais.gov.za
www.greenkalahari.co.za

Upington is geleë op die oewer van die Oranjerivier in die Noord-Kaap, Suid-Afrika.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Upington is in 1871 as 'n klein sendingstasie deur eerwaarde Christiaan Schröder gestig. Hy het die sendingstasie "Olijvenhoutsdrift" genoem. In 1896 is dit herdoop tot Upington ter ere van sir Thomas Upington, die eerste minister van die Kaapkolonie. Die dorp het munisipale status in 1898 verkry.

Upington vandag[wysig | wysig bron]

Vandag is Upington 'n groot dorp met 'n geskatte 101 504 inwoners in 2008, die naasgrootste nedersetting in die Noord-Kaap. Dit dien as 'n vername administratiewe sentrum van die provinsie Noord-Kaap. Upington lê in die Kalahariwoestyn, maar danksy die water van die Oranjerivier is dit 'n belangrike landbousentrum vir druiwe, koring en groente. Daarnaas is dit 'n gewilde toeristebestemming in die noordweste van Suid-Afrika.

Infrastruktuur[wysig | wysig bron]

Die Upington-lughawe (voorheen bekend as die Pierre van Ryneveld-lughawe) is by die dorp. Die N10 en N14 nasionale paaie kruis in Upington. Die spoorverbinding tussen Suid-Afrika en Namibië loop ook deur die dorp.

Klimaat[wysig | wysig bron]

Upington kry gewoonlik 94 mm reënval per jaar met die meeste neerslae in die herfs. As 'n reël val geen reën in Junie nie en 29 mm in Maart. Die gemiddelde middagtemperatuur is 19,8 °C in Junie en 33 °C in Januarie, gewoonlik die warmste maand van die jaar. Die koudste maand is Julie, wanneer die kwik snags tot gemiddeld 2,8 °C daal.[4] Vroeg in Januarie 2016 is 45 °C op Upington gemeet, die hoogste temperatuur sedert 1959.[5]

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Bronnelys[wysig | wysig bron]

  1. Upington
  2. Khara Hais website
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 Som van die hoofplekke Upington en Paballelo Sensus 2011.
  4. (en) Upington se weer. URL besoek op 29 Januarie 2016.
  5. (en) EWN.co.za SA hits a record high n temperatures. URL besoek op 29 Januarie 2016.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]