Lidwoord

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die lidwoord is 'n woordsoort en dit word saam met 'n selfstandige naamwoord gebruik.

Soorte lidwoorde[wysig]

  • Die bepaalde lidwoord, bv.
    • Die kind speel in die tuin.
    • Die potlood is myne.

die word 'n bepaalde lidwoord genoem omdat dit na 'n bepaalde kind in 'n bepaalde tuin verwys.

  • Die onbepaalde lidwoord, bv.
    • 'n Man werk in 'n land.
    • 'n Klip het my kop getref.

'n word 'n onbepaalde lidwoord genoem, want daar word nie verwys na 'n spesifieke man, klip of land nie.