Liefde verlore
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
"Liefde verlore" | ||||
Die liedjie in De Schauenburg Allgemeines Deutsches Kommersbuch. | ||||
Genre | Afrikaanse volksmusiek | |||
Woorde | D.F. Malherbe[1] | |||
Melodie | F. Glück[1] | |||
Oorsprong | ||||
Taal/land | Duits | |||
Titel | "In einem kühlen Grunde" | |||
Datum | 1814 | |||
|
"Liefde verlore" is die Afrikaanse weergawe van ’n Duitse volksliedjie, "In einem kühlen Grunde". Dit is as lied 169 in die FAK-sangbundel opgeneem.[1]
"Das zerbrochene Ringlein" is ’n liefdesgedig deur Joseph von Eichendorff. Dit is dié gedig wat in 1814 deur Friedrich Glück getoonset is[2] en bekend geword het onder die titel "In einem kühlen Grunde", na aanleiding van die eerste reël.
Afrikaanse woorde
[wysig | wysig bron]Waar't koel is en half duister kan jy die meul nog hoor;
daar't ons in stil gefluister ons harte eens verloor,
daar't ons in stil gefluister ons harte eens verloor.
Sy't my gegee, beminde, haar woord, 'n ring, haar trou;
haar trou weg met die winde, die ring is stukkend nou,
haar trou weg met die winde, die ring is stukkend nou.
My liefde lê in skerwe, ek weet nie wat ek wil:
'k sou liewerste wil sterwe, dan is't tog eenmaal stil,
'k sou liewerste wil sterwe, dan is't tog eenmaal stil.
Duitse woorde
[wysig | wysig bron]In einem kühlen Grunde
Da geht ein Mühlenrad
Mein’ Liebste ist verschwunden,
Die dort gewohnet hat.
Mein’ Liebste ist verschwunden,
Die dort gewohnet hat.
Sie hat mir Treu versprochen,
Gab mir ein’n Ring dabei,
Sie hat die Treu’ gebrochen,
Mein Ringlein sprang entzwei.
Sie hat die Treu’ gebrochen,
Mein Ringlein sprang entzwei.
Ich möcht’ als Spielmann reisen
Weit in die Welt hinaus,
Und singen meine Weisen,
Und geh’n von Haus zu Haus.
Und singen meine Weisen,
Und geh’n von Haus zu Haus.
Ich möcht’ als Reiter fliegen
Wohl in die blut’ge Schlacht,
Um stille Feuer liegen
Im Feld bei dunkler Nacht.
Um stille Feuer liegen
Im Feld bei dunkler Nacht.
Hör’ ich das Mühlrad gehen:
Ich weiß nicht, was ich will —
Ich möcht’ am liebsten sterben,
Da wär’s auf einmal still!
Ich möcht’ am liebsten sterben,
Da wär’s auf einmal still![3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 "FAK-sangbundel aanlyn". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2017. Besoek op 14 Mei 2017.
- ↑ Friedrich Glück#Bekannte Werke
- ↑ Joseph von Eichendorff: Gedichte. Duncker und Humblot, Berlin 1837, S. 432 (Digitalisat).
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Friedrich Glück se "In einem kühlen Grunde", gesing deur Christoph Wendel en Patrick von Massow.
- Hierdie artikel is deels uit die Engelse Wikipedia vertaal