Longontsteking

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Star of life caution.svg

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n mediese dokter verwys te word.


Longontsteking
Klassifikasie en eksterne bronne
X-straalfoto wat 'n driehoekige wit gebied aandui.
X-straalfoto wat 'n driehoekige wit gebied aandui.
ICD-10 J12, J13, J14, J15, J16, J17, J18, P23
ICD-9 480-486, 770.0
DiseasesDB 10166
MedlinePlus   000145
eMedicine onderwerpenlijst
MeSH D011014
Star of life caution.svg Mediese waarskuwing

Longontsteking of pneumonia is 'n longsiekte wat die asemhalingstelsel aantas. Die longe bevat klein blasies, genaamd alveoli, wat suurstof absorbeer. In die geval van longontsteking word hierdie longblasies en die omringende weefsel ontsteek. Hulle vul met vloeistof en kan nie meer soveel suurstof as tevore opneem nie.

Longontsteking kan deur bakterieë, virusse, fungi en parasiete veroorsaak word. Dit kan ook deur chemiese of fisiese skade aan die longe opgedoen word. Ander siektes, soos alkoholmisbruik en longkanker, kan ook tot longontsteking lei.

Mense van alle ouderdomme kan longontsteking opdoen. Dit is 'n gevaarlik siekte wat onmiddellike behandeling verg. Indien beide longe ontsteek is, word dit 'n dubbele of bilaterale longontsteking genoem. Baie mense sterf aan longontsteking, veral kinders, ouer mense en mense met 'n swak immuunstelsel.

Mense met longontsteking haal gewoonlik moeilik asem. Hulle kan ook hoes en pyn op die bors ervaar. Die behandeling hang van die oorsaak af. As dit deur Bakterieë veroorsaak is, kan antibiotika daarvoor voorgeskryf word.

As longontsteking nie betyds behandel word nie, kan die longblasies sodanig verswak dat dit die longinhoud verklein. Dit is in baie gevalle noodlottig. Longontsteking kom meestal as 'n komplikasie van ander siektes voor, of as die pasiënt 'n verlaagde weerstand as gevolg van ander oorsake het.

Vóór die ontdekking van penisillien was longontsteking 'n belangrike oorsaak van sterftes by alle ouderdomsgroepe. Wêreldwyd is longontsteking steeds 'n algemene siekte wat ongeveer 450 miljoen mense per jaar tref.[1] Vier miljoen mense sterf jaarliks hieraan (7% van die totaal wêreldwyd).[1][2] Die meeste slagoffers is kinders onder vyf en volwassenes bo 75 jaar.[1] Longontsteking kom ongeveer vyf keer meer algemeen in ontwikkelende lande as in die weste voor.[1] Virale longontsteking is vir ongeveer 200 miljoen gevalle per jaar verantwoordelik.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Ruuskanen, O; Lahti, E, Jennings, LC, Murdoch, DR (2011-04-09). “Viral pneumonia”. Lancet 377 (9773): 1264–75. doi:10.1016/S0140-6736(10)61459-6.
  2. Kabra SK; Lodha R, Pandey RM (2010). “Antibiotics for community-acquired pneumonia in children”. Cochrane Database Syst Rev 3 (3): CD004874. doi:10.1002/14651858.CD004874.pub3.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]