Stut

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Loskopstut)
Jump to navigation Jump to search
Let op die kop van speler nommer 1 (los) en 3 (vas) in die skrum.

'n Stut is 'n spelerposisie in rugby. Die nommer 1 staan as die loskopstut bekend en die nommer 3 as die vaskopstut.

'n Stut se hoofdoel is om in die skrum te druk. Daarom moet hulle so sterk as moontlik wees en breë skouers hê. Voorheen was dit nie 'n vereiste dat hulle ooit aan 'n rugbybal hoef te geraak het nie. Verskeie stutte het internasionale loopbane voltooi sonder om ooit aan 'n bal te raak. Deesdae moet hulle egter soos losskakels kan hanteer en soos senters kan hardloop, wat tot gevolg het dat hulle soms hopelose skrumdrukkers is.

Plaasvervanging[wysig | wysig bron]

Onder deesdae se plaasvervangerreëls, word die no. 1 en no. 3 vervang deur onderskeidelik no. 17 en 18 vanaf die reserwebank. Dit kan enige tyd gedurende die wedstryd gebeur, bv. as gevolg van 'n besering, maar meestal is dit 'n taktiese verandering tussen ongeveer die 50ste en 65ste minuut van die wedstryd.

Noemenswaardige stutte[wysig | wysig bron]

'n Paar bekende stutte (almal Springbokrugbyspelers) ter illustrasie:


Spelerposisies in rugby