Linkerflank

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die All Blacks se linkerflank, Reuben Thorne (in swart), breek van die skrum weg om die Engelse Shaun Perry te stuit.

Die linkerflank is 'n voorspelersposisie in rugby. 'n Veelsydige persoon behoort in die posisie te speel aangesien die rol nie so nou soos die van ander posisies omskryf is nie. Die persoon se verantwoordelikhede sluit in:

  • Streef om eerste by 'n losskrum te wees om die bal te wen.
  • Probeer om te verhoed dat die opposisie se baldraer die bal aan sy aankomende voorspelers oorhandig.

Die linkerflank moet dus naby die onkantlyn bly en word gereeld gestraf, maar wen ook dikwels vir sy span strafskoppe. Meeste lande gebruik nommer 6 as 'n linkerflank, ook bekend as 'n baljagter, maar in Australië en Nieu-Seeland word die nommer 7 vir die posisie gebruik.

Voorbeelde van goeie linkerflanke is Richie McCaw, Phil Waugh, Serge Betsen, Corné Krige en Heinrich Brüssow.


Spelerposisies in rugby