Luikrug

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Tipiese pilaaruitleg van 'n sedan (A-B-C, driekas), stasiewa of "estate" (A-B-C-D, tweekas) en luikrug (A-B-C) van dieselfde modelreeks.
'n 1938 Citroën-luikrug.
Die 1963 Renault R1120, die eerste luikrug waarvan een miljoen eksemplare verkoop is.
'n Opel Corsa-luikrug

'n Luikrug is 'n motorbakontwerp met 'n agterdeur wat opswaai om toegang te verleen tot 'n vragruim.[1][2][3][4] Luikrugmotors mag 'n tweede ry sitplekke hê wat platvou, waar die binneruim buigsaam aangepas kan word om passasiers of vragvolume te prioritiseer. Luikrugmotors kan twee- of driekasontwerpe wees.

Terwyl vroeë voorbeelde van dié motorbakontwerp terugdateer na die 1930's, dateer die Merriam-Websterwoordeboek die term synde 1970.[2] Die luikrugbakstyl word wêreldwyd bemark op motors wat wissel in grootte van supermini's, klein gesinsmotors tot uitvoerende motors en 'n paar sportmotors.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "hatchback - Definisie uit die Free Online Dictionary, Thesaurus and Encyclopedia". Thefreedictionary.com. n.d. Besoek op 12 Julie 2015. 
  2. 2,0 2,1 "Hatchback - Definisie uit die Merriam-Websterwoordeboek". Merriam-webster.com. 31 Augustus 2012. Besoek op 12 Julie 2015. 
  3. "hatchback - Definisie uit die Longman English Dictionary Online". Ldoceonline.com. n.d. Besoek op 12 Julie 2015. 
  4. "hatchback: Definisie uit die Oxfordwoordeboek". Oxforddictionaries.com. n.d. Besoek op 12 Julie 2015. 
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.