Macchi C.200

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Macchi C.200
Macchi MC-200 920901-F-1234P-073.jpg
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Aeronautica Macchi
Nooiensvlug 24 Desember 1937
Bekendstelling 1939
Onttrek 1947
Status Uit diens gestel
Hoofgebruiker Italiaanse Lugmag
Aantal gebou 1 151
Weergawes Macchi C.202

Die Macchi C.200 Saetta was 'n Italiaanse vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit was een van die hoofvegvliegtuie van die Regia Aeronautical waarmee Italië die oorlog begin het. Die vliegtuig is ontwikkel na aanleiding van 'n spesifikasie vir 'n enkelsitplekvegvliegtuig deur die Italiaanse Lugmag.

Die doelwit was om die hele Italiaanse Lugmag van vooraf toe te rus met beter vliegtuie nadat die Italiaanse militêre bedrywighede in Oos-Afrika tot 'n einde gekom het. Die prototipe het sy nooiensvlug op 24 Desember 1937 onderneem en teen die tyd dat Italië sy toetrede tot die Tweede Wêreldoorlog in Junie 1940 maak, was daar reeds 156 van die vliegtuie in diens. Die vliegtuig se eerste aksie was teen die Britte by Malta en het ook aksie beleef in Griekeland, Noord-Afrika, Joego-Slawië en die Sowjetunie.

Die Saetta het ook teen Amerikaanse magte in Noord-Afrika geveg en ook ter verdediging van Italië self. Daar was 1 151 van die vliegtuie gebou.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Besonderhede van die Macchi M.C.202:
Item Statistiek
Aantal motore 1
Tipe motor Skroef
Vervaardiger FIAT A.74 RC38 dubbelry, 14-silinder stermotor
Kraglewering per motor 870 perdekrag
Vlerkspan 10,58 m
Lengte 8,19 m
Hoogte 3,5 m
Vlerkoppervlakte 16,8 m2
Maks. opstygmassa 2 590 kg
Maks. snelheid 502 km/h
Operasionele hoogte 8 900 m
Togafstand 870 km
Klimvermoë 3 000 m in 3 minute en 24 sekondes
Bewapening Twee 12,7 mm gesinchroniseerde masjiengewere

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]