Madeleine van Biljon
Madeleine van Biljon | |
---|---|
Gebore | Madeleine Leonore van Biljon 14 Mei 1928 |
Sterf | 23 Februarie 2010 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer, joernalis |
Madeleine Leonore van Biljon (14 Mei 1928 Lichtenburg – 23 Februarie 2010) is in die Wes-Transvaal gebore. Sy was 'n skryfster en joernalis. Sy matrikuleer op Montagu en begin na skool as leerlingverpleegster by Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad. Sy besef gou dit is nie die beroep vir haar nie, en begin in 1948 by Die Vaderland as joernalis werk. Sy was later vroueredaktrise en het daarna al meer rubrieke vir verskillende Afrikaanse en Engelse koerante en tydskrifte begin te skryf. Sommige van haar rubrieke en sketse is later in boekvorm uitgegee, soos Mevrou jy’s lastig (1967), Kwellings en kwinkslae (1974) en Afdraai na bedroef (1996).
Madeleine was in 1983 en 1984 die president van die Kaapstadse Persklub, en sy het ook jare lank ’n kosrubriek vir die Sunday Times geskryf. Sy was vir meer as 50 jaar 'n joernalis. Cecile Cilliers is haar suster.
Werke
[wysig | wysig bron]Sketse:
- Mevrou, jy’s lastig. Voortrekkerpers, 1967
- Kwellings en kwinkslae. Tafelberg Uitgewers, 1974
- Merely Madeleine. Tafelberg, 1975
- Afdraai na bedroef. Tafelberg, 1996
Kinderboeke:
- Hier is ons huis. Daan Retief, 1990
- Eduard kuier by Ouma. HAUM-Daan Retief, 1992
- Madeleine van Biljon se oumaboek. Queillerie, 1997
Essays:
- Geliefde leesgoed, Queillerie, 1996
Vertaalde werke:
- Hier is ons huis, Englels (1990)
- Eduard kuier by Ouma; Engels (1992)
Bron
[wysig | wysig bron]- http://www.nb.co.za/Authors/1469 Geargiveer 3 Julie 2014 op Wayback Machine