Mastaba

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
’n Voorbeeld van ’n mastaba.

’n Mastaba (of pr-djt; "huis vir ewig" of "ewige huis") is ’n soort reghoekvorige, antieke Egiptiese graftombe waarin baie vername mense uit die antieke tyd begrawe is. Mastabas is van modderstene (van die Nyl) of klippe gebou. Later is farao's in piramides begrawe, hoewel nie-koninklikes vir nog duisend jaar mastabas gebruik het.