Mathys Roets
Voorkoms
Mathys Roets | |
---|---|
Oorsprong | Suid-Afrikaans |
Beroep(e) | Sanger |
Assosiasies | Drie van die Bestes |
Webwerf | www |
Mathys Roets (Mathys van As Roets) is 'n Afrikaanse sanger. Hy is op 6 Junie 1966 in Krugersdorp gebore. Hy tree ook saam met Kevin Leo en Danie Niehaus onder die verhoognaam Drie van die Bestes op.
Roets was op 6 April 2009 in 'n ernstige motorfietsongeluk betrokke op pad na die KKNK op Oudtshoorn. Hy het 'n rugbesering opgedoen wat hom permanent in die onderlyf verlam gelaat het.[1]
Hy is ook mede-aanbieder van KykNET se leefstylprogram, Kamp dit uit, waar hy saam met Alexa Strachan toer. 'n Woonwa is spesiaal vir hom ingerig om rolstoel-toeganklik te wees.
Diskografie
[wysig | wysig bron]- Nokturne, 1996
- A life in song, 1997
- Brug na nêrens, 2000
- Hy's ons man, 2000
- Die tyd sal leer, 2002
- Sings Leonard Cohen (DVD), 2005
- Fluister, 2007
- The very best of Cat Stevens, 2008
- The very best of Roger Whittaker, 2008
- The very best of Neil Diamond, 2008
- My storie (DVD), 2009
- In retrospeksie, 2009
- Reën, 2020
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Kalp, Loraine (7 April 2009). "Mathys Roets ernstig beseer in motorfietsongeluk". Die Burger. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2010.