Menseregtedag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die VN se kenteken vir menseregtedag.

Menseregtedag is 'n dag wat die regte van mense gedenk. In sommige lande, soos Suid-Afrika, word dit as 'n openbare vakansiedag gevier.

Menseregtedag in Suid-Afrika word jaarliks op 21 Maart gedenk ter nagedagtenis aan die Sharpeville-slagting. Die eerste Menseregtedag in Suid-Afrika is op 21 Maart 1995 gehou.[1]

Menseregtedag, soos deur die Verenigde Nasies ingestel, word in die res van die wêreld op 10 Desember gevier.

Aartsbiskop Desmond Tutu het in 1979 gesê: "We should all have the freedom to become fully human".

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Menseregtedag". Suid-Afrikaanse menseregtekommissie. Verkry op 15 Desember 2006.