Gaan na inhoud

Michael Sata

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Michael Sata
Michael Sata
Michael Sata in 2013

Ampstermyn
23 September 2011 – 28 Oktober 2014
Vise Guy Scott
Voorafgegaan deur Rupiah Banda
Opgevolg deur Guy Scott

Parlementslid
Ampstermyn
1983 – 1996
Voorafgegaan deur Maxwell Sibongo
Opgevolg deur Godfrey Miyanda
Ampstermyn
1996 – 2001
Voorafgegaan deur Guy Scott
Opgevolg deur Mateyo Mwaba

Persoonlike besonderhede
Gebore Michael Charles Chilufya Sata
(1937-07-06)6 Julie 1937
Mpika, Awemba-Noord, Noord-Rhodesië (nou Zambië)
Sterf 28 Oktober 2014 (op 77)
Londen, Engeland
Politieke party Patriotiese Front (2001–2014)
MMD (1991–2001)
UNIP (voor 1991)
Eggenoot/-note Margaret Manda
Christine Kaseba
Kind(ers) 8[1]

Michael Charles Chilufya Sata (6 Julie 193728 Oktober 2014) was 'n Zambiese politikus wat van 23 September 2011 tot sy dood op 28 Oktober 2014 die vyfde president van Zambië was. Sata was onder president Frederick Chiluba 'n minister gedurende die negentigerjare as deel van die Movement for Multiparty Democracy- (MMD) regering.

Hy gaan in 2001 in opposisie en vorm die PF. As 'n opposisieleier het Sata – in die volksmond bekend as "King Cobra" – voorgekom as die toonaangewende mededinger vir president Levy Mwanawasa in die 2006-presidentsverkiesing, maar is verslaan. Na Mwanawasa se dood het Sata weer in 2008 gestaan en teen president Rupiah Banda verloor.

Na tien jaar in die opposisie het Sata die dienende pres. Banda verslaan om die presidentsverkiesing in September 2011 met 'n veelvoud van stemme te wen. Hy is op 28 Oktober 2014 in Londen oorlede, en vise-president Guy Scott het waargeneem as president totdat 'n presidensiële tussenverkiesing op 20 Januarie 2015 gehou is.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Bariyo, Nicholas (29 Oktober 2014). "Zambia President Michael Sata Dies". WSJ. Besoek op 29 Oktober 2014.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]