Mitsubishi F-2

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Mitsubishi F-2
20170810034434!Mitsubishi F-2 in flight 23 (cropped).jpg
Mitsubishi F-2B
Tipe Multirol vegvliegtuig
Vervaardiger Mitsubishi Heavy Industries / Lockheed Martin
Nooiensvlug 7 Oktober 1995
Bekendstelling 2000
Status In gebruik
Hoofgebruiker Japanese Lugmag
Vervaardig 1995–2011
Aantal gebou 94+4 prototipes
Ontwikkel van [[** General Dynamics F-16 Fighting Falcon|F-16 Fighting Falcon]]

Die Mitsubishi F-2 is 'n Japannese vegvliegtuig wat hulle ontwikkel het vanaf die General Dynamics F-16 Fighting Falcon. Die prototipe het sy nooiensvlug op 7 Oktober 1995 voltooi. Daarna is die produksie eenhede verskaf aan die Japan Air Self-Defence Force in 2000. Hulle het 130 vliegtuie bestel om die JASDF se Mitsubishi F-1 te vervang. Die program het egter tegniese probleme ondervind en elke vliegtuig het vier keer soveel as 'n F-16 gekos.

Die Japanese FS-X projek se oorspronklik doelwit was om 'n suiwer Japanese produk te ontwikkel maar in 1987, as gevolg van politieke druk deur die Verenigde State, is die F-16 gekies as die basis van die nuwe vliegtuig. Die F-2 is 25 persent groter as die F-16 en toegerus met 'n Japanees vervaardigde radar in die neus. Die romp is ook langer as die F-16 s'n terwyl dit ook die Japanese Fly by wire tegnologie gebruik, die V.S.A. wou nie hulle s'n beskikbaar stel nie.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Besonderhede van die Mitsubishi F-2:
Item Statistiek
Aantal motors 1
Tipe motor Straalmotor
Vervaardiger General Electric F110-GE-129 turbowaaier met nabrander
Kraglewering per motor 13 444 kg stukrag
Vlerkspan 11,13 m
Lengte 15,52 m
Hoogte 4,96 m
Vlerkoppervlakte 34,8 m2
Maks. opstygmassa 22 100 kg
Maks. snelheid Mach 2
Operasionele hoogte 15 250m
Togafstand 830km
Klimvermoë Onbekend
Bewapening Een 20 mm kanon

Sidewinder/Mitsubishi lug-tot-lug missiele
op vlerkpunte en punte vir ander missiele

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]