Monopoly

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die 12 speelstukke van die V.S. Deluxe Edition Monopoly.
Eloffstraat was in die Suid-Afrikaanse Monopoly van 1963 die begeerlikste eiendom in die spel.

Monopoly is een van die bekendste bordspele en is gemaak deur Hasbro en Parker Brothers. Deelnemers kompeteer om rykdom te vermag deur gestileerde ekonomiese aktiwiteite, soos die koop, huur en verhandel van eiendom. Speelgeld word gebruik en deelnemers maak beurte om om die bord te skuif met behulp van 'n dobbelsteen. Die spel is na die ekonomiese konsep "monopolie" vernoem: die dominering van 'n mark deur 'n enkele verskaffer.

Sedert Charles Darrow die speletjie in 1935 gepatenteer het (aldus Hasbro), het 750 miljoen mense dit gespeel, wat dit die mees gespeelde kommersiële bordspeletjie in die wêreld maak. Die 1999 Wêreldrekordboek deur Guinness het Hasbro se vorige statistiek van 500 miljoen mense aangehaal.

Met die uitreiking van die oorspronklike Suid-Afrikaanse weergawe was Eloffstraat die waardevolste eiendom in die die vier stede wat destyds deel was van die spel: Johannesburg, Kaapstad, Bloemfontein en Durban. Indertyd kon spelers eiendom in Eloffstraat koop vir R400. In die jongste plaaslike weergawe, dié van 2002, is die tradisionele eiendomme in middestede verruil vir meer eksklusiewe eiendomme (soos R40 000 vir eiendom in Clifton) en is die strate in die vier stede vervang deur stede, buurte en bakens.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]