Mossi
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Mossi (volk).
Mossi Mooré | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Burkina Faso Mali Togo | |
Gebied: | Wes-Afrika | |
Totale sprekers: | 7 829 300[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Gur Noordelike Gur Oti-Volta Westelike Oti-Volta Noordwestelike Oti-Volta Mossi | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Burkina Faso (nasionale taal)[2] | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | mos | |
ISO 639-3: | mos | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Mossi (Mooré; ook Mòoré, Mõõré, Moré, Moshi, Moore, More) is 'n Niger-Kongo-taal wat deur sowat 7,8 miljoen mense in die Wes-Afrikaanse land Burkina Faso gepraat word, veral in die Voltarivierbekken. Dit word deur die Mossi-volk gepraat en is nou verwant aan Frafra verder suid net oorkant die grens met Ghana. Daarnaas is dit minder verwant aan Dagbani en Mampruli, wat nog verder suid gepraat word.
Mossi word in Burkina Faso deur sowat 7,6 miljoen mense gebesig, met 'n bykomende 60 000 in Mali en Togo. Die bekendste woord is waarskynlik die naam van die land Burkina Faso self, wat in Mossi en Dyula "die land van die regop mense" (of "regop land") beteken. Dit vorm saam met Dyula en Fula die nasionale tale van dié land, naas die amptelike taal Frans.
Mossi is nes baie Afrikatale tonaal met 'n onderwerp-werkwoord-voorwerp-volgorde. Dit word in die Latynse alfabet geskryf. In 1976 is op 'n konferensie in Burkina Faso – die destydse Bo-Volta – 'n eie weergawe van die Latynse alfabet, gebaseer op l'Alphabet national burkinabè ("Nasionale Burkinese alfabet") vir al die tale in dié land ten einde van harmonisering ontwikkel. Dit is in 1979 amptelik goedgekeur.
Ortografie
[wysig | wysig bron]In Burkina Faso gebruik die Mossi-alfabet die letters wat in die Nasionale Burkinese alfabet gespesifiseer is.
Burkinese Mossi-alfabet | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
A | ʼ | B | D | E | Ɛ | F | G | H | I | Ɩ | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | Ʋ | V | W | Y | Z |
a | ʼ | b | d | e | ɛ | f | g | h | i | ɩ | k | l | m | n | o | p | r | s | t | u | ʋ | v | w | y | z |
Fonetiese waardes | |||||||||||||||||||||||||
ä | ʔ | b | d | e | ɛ | f | ɡ | h | i | ɪ | k | l | m | n | o | p | r | s | t | u | ʊ | v | w | j | z |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Mòoré" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2019. Besoek op 16 Augustus 2019.
- ↑ (fr) André, Géraldine (31 Mei 2007). "École, langues, cultures et développement". Cahiers d'études africaines. 47 (186): 221–247. doi:10.4000/etudesafricaines.6960. ISSN 0008-0055. Besoek op 16 Augustus 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (en) "Mossi (Mòoré)". Omniglot. Besoek op 16 Augustus 2019.