Murrumbidgee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Murrumbidgee
Die Murrumbidgee naby Wagga Wagga, Nieu-Suid-Wallis.
Die Murrumbidgee naby Wagga Wagga, Nieu-Suid-Wallis.
Darling Lachlan Murrumbidgee Murray Rivers.png
Die stroomgebied van die Murrumbidgee.
Oorsprong Peppercorn Hill, Snowy Mountains, Nieu-Suid-Wallis (Australië)
Monding Boundary Bend, Nieu-Suid-Wallis, Victoria
Murrayrivier
Stroomgebied Nieu-Suid-Wallis
(Australië)
Lengte 1 488 km (900 myl)
Oorspronghoogte 1 560 m (5 118 voet)
Mondinghoogte 55 m (180 voet)
Gemiddelde afloop 147 m³/s
Stroomgebiedopp. 84 000 km² (30 000 myl²)
Die Murrumbidgee naby Gundagai, Nieu-Suid-Wallis

Die Murrumbidgee[1][2] (Engels: Murrumbidgee River, /mʌrəmˈbɪdʒi/[3]) is met 'n lengte van 1 488 km Australië se tweede grootste rivier.[4] Die Murrumbidgee is die grootste sytak van die Murrayrivier. Die rivier ontspring net suid van Canberra, Australië se hoofstad, op 'n hoogte van 1 500 m aan die voet van die Peppercorn Hill in die Fiery Range van die Snowy Mountains. Aansluitend loop dit 1 488 km in wes-noordelike rigting deur die Australiese deelstaat Nieu-Suid-Wallis, voordat die Murrumbidgee naby Boundary Bend met die Murrayrivier saamvloei.

Murrumbidgee beteken "groot water" die Wiradjuri-taal, een van die lokale Aboriginale tale.[5] Die rivier self loop deur verskeie tradisionele gebiede van inheemse Australiërs, tuis van verskeie Aboriginale stamme.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Our Catchment". Murrumbidgee Catchment Management Authority. Government of New South Wales. 2013. Verkry op 10 Februarie 2015. 
  2. (en) "Map of Murrumbidgee River". Bonzle.com. Verkry op 10 Februarie 2015. 
  3. (en) (2003) Macquarie ABC Dictionary. The Macquarie Library Pty Ltd. p. 647, 853. ISBN 1-876429-37-2. 
  4. (en) "(Australia's) Longest Rivers". Geoscience Australia. 10 Desember 2013. Verkry op 10 Februarie 2015. 
  5. (en) Room, Adrian (2003). Placenames of the World. McFarland. p. 246. ISBN 0-7864-1814-1.