My Verhaal
My Verhaal | |
---|---|
van Franja du Plessis | |
Vrygestel | 8 Julie 2016 |
Ateljee | Juanita Records |
Genre | Afrikaans Pop |
Speeltyd | 57:28 |
Etiket | Wow Music |
Produsent | Stass
Juanita du Plessis Franja du Plessis |
My Verhaal is Franja du Plessis se debuutalbum, uitgereik op 8 Julie 2016. Haar eerste enkelsnit op die album, Stad van Verlange, is binne twee maande na sy vrystelling reeds deur meer as 200 000 mense op YouTube gekyk. Op 22 Junie 2018 behaal die video 1 miljoen kyke op YouTube. Haar tweede enkelsnit "Ek Kan Nie Ophou Kyk" behaal ook 1 miljoen kyke op YouTube in Julie 2018.
Al sestien snitte kom uit Franja se eie pen. Die titelsnit, My verhaal bied 'n uitnodiging aan die luisteraar om Franja se lewensverhaal deur middel van al haar liedjies beter te kan leer ken. Die soet en die suur van verhoudings word albei binne die oorhoofse liefdestema van hierdie album aangespreek. Stad van verlange vertel die verhaal van onbeantwoorde liefde wat na afloop van baie jare weer herroep word.
Die ballade Regte een vertel die verhaal van elke mens se soeke na 'n lewensmaat en 'n sielsgenoot. Die album bevat ook die lied In twee geskeur, wat spesiaal deur Franja geskryf is vir die musiekrolprent As jy sing, waarin sy die rol van Marna de Jager vertolk het. [1]
My Verhaal behaal platinumstatus met meer as 40 000 eenhede reeds verkoop.
Snitlys
[wysig | wysig bron]Nr. | Titel | Skrywer(s) | Speeltyd |
---|---|---|---|
1. | "Stad van Verlange" | Franja du Plessis | 3:52 |
2. | "My Verhaal" | Franja du Plessis | 2:55 |
3. | "Dra Jou Hart" | Franja du Plessis | 3:42 |
4. | "Ek Kan Nie Ophou Kyk" | Franja du Plessis | 3:18 |
5. | "Regte Een" | Franja du Plessis | 4:03 |
6. | "Kom Klim Nou Uit" | Franja du Plessis | 3:20 |
7. | "In Twee Geskeur" | Franja du Plessis | 3:38 |
8. | "My Gunsteling" | Franja du Plessis | 3:49 |
9. | "Dorp Rooi Verf" | Franja du Plessis | 2:48 |
10. | "Behoort Aan Jou" | Franja du Plessis | 3:36 |
11. | "Terug Na Die Begin" | Franja du Plessis | 4:02 |
12. | "'n Beter Plek" | Franja du Plessis | 4:37 |
13. | "Mooier As 'n Mens" | Franja du Plessis | 2:54 |
14. | "Wil Jou Hart Nooit Breek" | Franja du Plessis | 3:40 |
15. | "Bly Altyd Hoop" | Franja du Plessis | 3:26 |
16. | "Kyk Dwarsdeur My" | Franja du Plessis | 3:48 |
Totale speeltyd: | 57:28 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2019. Besoek op 17 Mei 2018.