NG gemeente Aasvoëlkop
Voorkoms
Die NG gemeente Aasvoëlkop was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die gegoede noordwestelike voorstad van Johannesburg Northcliff. Die gemeente is in 1959 gestig en het sy naam ontleen aan Aasvoëlkop, die 1 787 m hoë koppie waarop die Northcliff-watertoring gebou is. Die gemeente se eerste leraar was ds. Beyers Naudé, wat as gevolg toenemende druk en kritiek vanweë sy anti-apartheidsuitsprake in Oktober 1963 uit die bediening bedank het. Op 1 Julie 2018 het Aasvoëlkop met die NG gemeente Linden saamgesmelt as die NG gemeente Aan-die-Berg, wat van Aasvoëlkop se kerksentrum gebruik sou maak.
Enkele leraars
[wysig | wysig bron]- Beyers Naudé, 1959 – Oktober 1963
- Tobias Johannes de Clerq, 1964–1970
- Jan Du Plessis Malan, 1968 – 23 Februarie 1992
- Matthys Lourens Swart, 21 April 1968 - ?
- Daniël Johannes Francois du Plessis, 1975–1979
- André Ludik Bartlett, 1998–2012
- Dr. Jurgens Johannes Schoeman, ? – Januarie 2020 (aanvaar emeritaat; vanaf 1 Februarie 2020 in ’n vastetermynpos aangestel)
Bronne
[wysig | wysig bron]- Van Rene, Adri-Louise (hoof: Tydskriftemaatskappy). 2012. Jaarboek van die NG Kerke 2012. Wellington: Tydskriftemaatskappy.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (af) Ds. Malan se sterfberig op Netwerk2.com Geargiveer 22 September 2017 op Wayback Machine. URL besoek op 23 September 2017.