Naamval

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
naamval
nominatief vokatief
genitief ablatief
datief instrumentaal
akkusatief lokatief

Naamvalle is die stelsel van vorme wat die selfstandige naamwoord kan aanneem om die funksie binne die sin aan te dui.

Naamvalle het ontstaan deur die samesmelting van 'n woordstam met meesal 'n verbindingsklinker en 'n agtervoegsel. Daar was verskillende stelsels van uitgange (verbuigings of deklinasies) afhanklik van die stam en sy verbindingsklinker en die geslag en die getal van die woord. Indo-Europees het manlik, vroulik en onsydig as geslagte en enkelvoud, tweevoud en meervoud als getalle. Die vroulike geslag is egter 'n wat later ontwikkeling. Die ouste Indo-Europese tale wat ons ken, soos Hetities het net lewend - nie-lewend onderskei.

Die uitgange is nie net aan die selfstandige naamwoorde geplak maar ook aan telwoorde, voornaamwoorde en byvoeglike naamwoorde.

Die Indo-Europese taal het agt naamvalle geken. Die tale wat afstam van Indo-Europees het begin om hulle naamvalle te verloor; party tale egter is konserwatiewer as ander. Afrikaans het byvoorbeeld die stelsel amper heeltemal verloor, maar Tsjeggies het nog sewe naamvalle.

Die konservatiefste takke van Indo-Europees is die Slawiese en veral die Baltiese tale. Latyn het ses naamvalle gehad, maar in die Romaanse tale het net Roemeens nog twee of drie vorme. In die Indo-Iranse groep het Sanskrit nog die volle agt gehad, maar die huidige Hindi het net twee vorme, of drie as mens die vokatief meetel. Antieke Grieks en Germaans het nog vier naamvalle behou. In Yslands is hulle nog goed bewaar en ook Duits het nog baie buigingsuitgange.

In ander taalfamilies bestaan ook woordvorme wat na analogie naamvalle genoem word. Voorbeelde is die Fins-Oegriese tale en die Drawidiese. Fins het byvoorbeeld 19 'naamvalle' of liewer 19 agtervoegsels. Tamil het byvoorbeeld 'n 'ablatief' met 'n uitgang -ilirunta. Ook Semitiese tale het 'n soort naamvalstelsel gehad.

Wiktionary-logo-en.svg Vir woordeboekinligting, sien die bladsy naamval op WikiWoordeboek


Naamvalle
Basies Absolutief · Akkusatief · Direk · Ergatief · Intransitief · Nominatief · Obliek
Adpositioneel Ablatief | Antessief | Datief | Distributief (–temporaal) | Essief (–formeel · –modaal) · Genitief · Instruktief · Instrumentalis (–komitatief) · Ornatief · Besitte · Possessief · Postpositionaal · Prepositionaal| Prolatief · Prosekutief · Proximatief · Sosiatief · Temporaal · Vialis
Lokatief Ablatief · Adessief · Allatief · Apudessief · Assosiatief · Komitatief · Delatief · Elatief · Exessief · Illatief · Inelatief · Inessief · Intratief · Latief · Lokatief · Perlatief · Subessief · Sublatief · Superessief · Superlatief · Terminatief · Translatief
Comparatief Comparatief · Equatief
Evaluatief Aversief · Benefaktief · Evitatief
Ander Abessief · Addirektief · Adelatief · Adverbiaal · Caritief · Kousaal (–finaal) · Finaal · Modaal · Multiplikatief · Partitief · Pegatief · Privatief · Postelatief · Postdirektief · Postessief · Separatief · Subdirektief · Suppressief · Vokatief