National Geographic Society

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Natgeologo.svg

National Geographic Society



Leuse
Inspiring people to care about the planet.


Stigter
Gardiner Greene Hubbard


Stigtingsdatum
27 Januarie 1888


Hoofkwartier
Washington, DC
Vlag van Verenigde State Verenigde State


Ledetal
8,5 miljoen


Sleutelpersone
John M. Fahey, jr. (voorsitter, 1998-)
Gary E. Knell (hoof uitvoerende beampte/president, 2014-)


Hooforgaan
Board of Trustees


Webtuiste
NationalGeographic.com

Die National Geographic Society (NGS), wat sy hoofkwartier in Washington, DC in die Verenigde State het, is een van die wêreld se grootste nie-winsgewende wetenskaplike en opvoedkundige instellings. Die vereniging, wat oorspronklik ter bevordering van aardrykskunde in die lewe geroep is, het ook belangstelling in argeologie en natuurwetenskappe, bevorder die bewaring van die natuur en historiese erfenis, en stel belang in wêreldkultuur en -geskiedenis.

Die kenteken van die NGS is 'n geel portretraam wat ook op die voorblaaie van sy tydskrif National Geographic Magazine verskyn en as kenteken van sy televisiekanaal gebruik word.