Nickel-Strunz-klassifikasie
Voorkoms
Die Nickel-Strunz-klassifikasie verdeel alle minerale volgens 'n hiëraragiese sisteem. Elke erkende mineraal kry 'n kode van die formaat 2.CB.10a
- Die kode 2. betref die hoofgroep van die Sulfiede en Sulfosoute.
- Die kode 2.C is 'n subgroep daarvan: die metaalsulfiede met 'n stoigiometriese verhouding M : S = 1 : 1.
- Die kode 2.CB beperk dit tot M = Zn, Fe, Cu, Ag ensomeer
- Die kode 2.CB.10a betref die minerale chalkopiriet, eskborniet en galliet, wat aldrie nouverwant is.
Daar is tien hoofgroepe:[1]
- Die elemente; dit sluit ook legerings, karbiede, silisiede ens. in
- Die sulfiede en sulfosoute; dit sluit ook ander chalkogeniede en pniktiede in.
- Die halogeniede
- Die oksiede; inlsuitend hidroksiede, vanadate, seleniete ens.
- Die karbonate; insluitend die nitrate
- Die borate
- Die sulfate; insluitend selenate, tellurate, chromate
- Die fosfate; insluitend arsenate en vanadate
- Die silikate; insluitend germanate
- Die organiese minerale
Sien gerus Kategorie:Minerale volgens Nickel-Strunz-kategorie
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "mindat" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020.