Nigel Slater

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Nigel Slater (gebore 9 April 1958)[1][2] is 'n Engelse kosskrywer, joernalis en omroeper. Hy het vir meer as 'n dekade lank 'n kolom behartig vir The Observer Magazine en is  hoofskrywer vir die Observer Food Monthly bylaag. Voor dit was Slater kosskrywer vir Marie Claire vir vyf jaar. Hy is ook die kunsdirekteur vir sy boeke.

Vroeë lewe[wysig | wysig bron]

Op 9 April 1958 is Nigel Slater gebore in Wolverhampton, Wes-Middellande, as die derde en jongste seun van die fabriekeienaar Tony Slater en huisvrou Kathleen. Sy moeder het gesterf aan asma in 1965.[3] In 1971 het sy pa weer getrou met Dorothy Perrens tot met sy afsterwe drie jaar later.[3]

Slater het Woodfield Avenue School bygewoon, Penn, Wes-Middellande. Hy verhuis na Worcestershire toe hy 'n tiener was en gaan skool by Chantry High School; hier geniet hy dit om essays te skryf en was hy een van slegs twee seuns om kookkuns as 'n O-vlak vak te neem.[4][5]

Aldus die BBC artikel Competitive cooking: Why do we bother?, beweer Slater in sy outobiografie Toast dat  hy kos gebruik het om met sy stiefma Dorothy te kompeteer vir sy vader se aandag.[6] Hul grootste stryd was oor suurlemoen meringue tert – sy pa se gunsteling. Sy stiefma het geweier om haar resep bekend te maak en so het Slater hom tot 'n slenter gewend om met sy eie weergawe vorendag te kom. "Ek sou die eierdoppe in die vullisblik tel om te sien hoeveel eiers sy gebruik het en dit dan neerskryf. Ek sou op verskillende tye inkom wanneer ek geweet het sy is besig om dit te maak. Ek sou haar vang terwyl sy besig was om die meringue te maak en ek het daardie resep stadig maar seker opgebou oor 'n tydperk van maande , indien nie jare nie".[6] 'n Alternatiewe weergawe van hierdie storie kom van  Ann, sy stiefsuster, wat beweer dat sy die tert gebak het en nie haar ma nie, en dat die resep afkomstig is van 'n kookboek.[3]

Hy het 'n diploma behaal in die spyseniering by die Worcester Technical College in 1976, en het voortgegaan om in restaurante en hotelle regoor die Verenigde Koninkryk te werk voordat hy 'n kosskrywer vir Marie Claire geword het in 1988.[5] Hy het welbekend geword vir eenvoudige  trooskos resepte wat in die vroeë topverkoper boeke soos The 30-minute Cook (1994) en Real Cooking verskyn het, asook sy innemende, memoir-styl kolomme vir The Observer wat hy begin het in 1993.

Televisie en radio[wysig | wysig bron]

In 1998 was Slater die aanbieder vir die Channel 4 reeks Nigel Slater's Real Food Show. Hy het teruggekeer na TV in 2006 om die geselsprogram A taste of my Life aan te bied op BBC One en BBC Two.[7] In 2009 het hy Simple Suppers aangebied as 'n reeks van ses episodes op BBC One,[8] en 'n tweede reeks in die daaropvolgende jaar.[9]

Hy verskyn as 'n gas "skipbreukeling" op BBC Radio 4 se Desert Island Discs in Junie 2005.[10]

In November 2013 verskyn hy saam met Adam Henson op BBC se Nigel and Adam's Farm Kitchen. Adam Henson (die boer) en Nigel Slater (die chef) het kragte saamgesnoer om Brittanje se gunsteling kos te saai, groei, en kook op 'n werkende plaas in die Cotswolds. Hulle het gepoog om mense weer in voeling te kry met waar kos vandaan kom.[11]

Skryfwerk[wysig | wysig bron]

Slater se boek, Eating for England: The Delights & Eccentricities of the British at Table (Fourth Estate), is gewy aan Britse kos en kookkuns. Dit was gepubliseer in Oktober 2007 en deur die  Sunday Times beskryf as " 'n allegaartjie van die beste kulinêre proeseltjies wat die tyd mooi sou verwyl tydens 'n treinreis".[12] Sy boek Tender is die storie van sy groentetuin, hoe dit ontstaan het en wat daarin groei. Die boek is gepubliseer in twee volumes; die eerste handel oor groente en is laat in 2009 vrygestel en die tweede handel oor vrugte en is vrygestel in 2010. Tender word beskryf as 'n memoir; 'n studie van vyftig gunsteling groentes, vrugte en neute en 'n versameling van meer as vyf honderd resepte.

Slater het bekend geword aan 'n wyer gehoor met die publikasie van Toast: The story of a Boy's Hunger, 'n roerende en bekroonde outobiografie gefokus op sy liefde vir kos, sy kinderjare, sy familie verhoudings en sy ontluikende seksualiteit. Slater noem dit: "die mees intieme memoir wat enige kos-persoon nog ooit geskryf het".[13] Toast is in Brittanje gepubliseer in Oktober 2004[14] en het 'n topverkoper geword nadat dit op die Richard & Judy Boekklub verskyn het.[15] 'n Film gebaseer op die boek – ook genoem Toast - met Freddie Highmore in die hoofrol as die 15 jaar oue Slater en Helena Bonham Carter as sy stiefma, is uitgesaai op BBC One.[16][17] Slater se negatiewe uitbeelding van sy  stiefmoeder is egter uitgedaag deur sy stiefsusters.[3]

Persoonlike lewe[wysig | wysig bron]

Slater het twee ouer broers, Adrian en John. Slater se ouers het 'nn buurman se kind, John, aangeneem voor Slater se geboorte.[14] Hy het ook twee stiefsusters van wie hy vervreem is.[18][19]

Slater woon in die Highbury area van Noord-Londen waar hy 'n kombuistuin onderhou wat gereeld te sien is in sy rubriek.

Publikasies en uitsendings[wysig | wysig bron]

Kookboeke[wysig | wysig bron]

Outobiografie[wysig | wysig bron]

Uitsendings[wysig | wysig bron]

  • Nigel Slater: Eating Together (2015, 4 episodes) – writer and presenter
  • Nigel and Adam’s Farm Kitchen (2013) – co-presenter
  • Nigel Slater’s Great British Biscuit (2013, one-off documentary) – writer and presenter
  • Nigel Slater’s Dish of the Day (2012) – writer and presenter
  • Nigel Slater: Life is Sweets (2012, one-off documentary) – writer and presenter
  • Nigel Slater’s Simple Cooking (2011, 8 episodes) – writer and presenter
  • Nigel Slater’s Simple Suppers (2009) – writer and presenter
  • A Taste of My Life (2006–2008, 31 episodes) – host and presenter
  • Nigel Slater’s Real Food Show (1998) – host and presenter

Toekennings[wysig | wysig bron]

  • 1995 Glenfiddich Cookery Writer of the Year Award
  • 1995 Glenfiddich Trophy
  • 1995 Glendfiddich Award for Best Visual Work for The Observer
  • 1996 Media Personality of the Year Award (Good Food Awards)
  • 1999 Glenfiddich Award for Best Visual Work for Real Food
  • 1999 Best Newspaper Cookery Journalist Award
  • 2000 André Simon Award for Cookbook of the Year for Appetite
  • 2004 André Simon Award for Toast
  • 2004 Glenfiddich Food Book of the Year forToast
  • 2004 British Biography of the Year Award for Toast
  • 2004 Observer Food Monthly Book of the Year Award for Toast
  • 2004 WH Smith People's Choice Award for "Toast"
  • 2006 British Book Award for The Kitchen Diaries
  • 2007 Specialist Writer of the Year, PPA Awards
  • 2009 Honorary DLitt from the University of Wolverhampton[24]
  • 2009 BBC Food Personality of the Year[25]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Nigel Slater. URL besoek op 14 October 2007.
  2. Slice of nostalgia: the making of Toast The Telegraph, 20 December 2010
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 "Nigel Slater's cooked up a load of cruel lies about our mother, say the food writer's stepsisters after watching BBC dramatisation of his childhood". Mail Online. Associated Newspapers. 9 January 2011. Besoek op 4 December 2012. 
  4. Nigel Slater University of Wolverhampton, 2011; Retrieved 6 March 2011
  5. 5,0 5,1 I was one of two boys who took cookery O-level at my secondary school Times Educational Supplement, 10 October 2003; Retrieved 6 March 2011
  6. 6,0 6,1 Competitive cooking: Why do we bother?
  7. A Taste of My Life BBC Programmes
  8. Nigel Slater's Simple Suppers recipes BBC – Food
  9. Nigel Slater's Simple Suppers: Series 2 BBC One
  10. Nigel Slater Desert Island Discs, BBC Radio 4, 5 June 2005
  11. Nigel and Adam's Farm Kitchen
  12. 12,0 12,1 Wilson, Bee (7 October 2007). "Dipping into our culinary history". Times Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 October 2008. Besoek op 20 May 2010. 
  13. Interview with Nigel Slater (page 2) AfterElton.com, 10 January 2005
  14. 14,0 14,1 Toast: The Story of a Boy's Hunger by Nigel Slater Barnes & Noble
  15. Richard & Judy Channel 4 Geargiveer, 12 Februarie 2008 op die Wayback Machine
  16. Adams, Tim (14 September 2003). "While other boys in his class were reading Shoot! Nigel subscribed to Cordon Bleu magazine". The Observer. Besoek op 20 May 2010. 
  17. New BBC One drama, Helena Bonham Carter and Freddie Highmore star in Toast BBC Press Office, 21 May 2010
  18. "Katherine Butler: Don't spoil a good story with the truth" 11 January 2011 Independent
  19. "Nigel Slater's cooked up a load of cruel lies about our mother, say the food writer's stepsisters after watching BBC dramatisation of his childhood" Daily Mail
  20. The Kitchen Diaries Harper Collins
  21. William Leith Not roquette science – Review: The Kitchen Diaries by Nigel Slater The Guardian, 29 October 2005
  22. Lynne Truss Toast by Nigel Slater and My Autobiography by Antony Worrall Thompson Times Online, 5 October 2003 (subscription required)
  23. Matthew Fort Slater's raw honesty has a delicious flavour – Review: Toast by Nigel Slater The Observer, 19 October 2003
  24. University of Wolverhampton: Honorary Graduates: Previous Years
  25. Food & Farming Awards – Winners & Finalists BBC Radio 4, 2009