Nooit Meer Slaap Nie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Nooit Meer Slaap Nie
OuteurWillem Frederik Hermans
LandVlag van Nederland Nederland
TaalNederlands (ook beskikbaar in Afrikaans)
GenreRoman
Uitgewer
Uitgegee
Letterkunde-portaal

Nooit Meer Slaap Nie is 'n roman geskryf deur Willem Frederik Hermans ,wie al by geleentheid aangewys is as Nederland se grootste skrywer van die 20ste eeu.[1]


Die roman neem die leser op 'n spanningsvolle en selfs lewensgevaarlike navorsingstog in Finnmark, die yl-bewoonde noordelikste deel van Noorweë.

Die verhaal gaan om die lotgevalle van Alfred Issendorf, 'n jong Nederlandse geologie student wat aan sy doktorsgraad werk.

Die harde werklikheid van die onbekende landskap maak dit vir hom ontsettend moeilik om bewyse vir sy hipotese te vind. Die versperrings in sy pad blyk egter veel verder te strek.

Dit word 'n verhaal waarin ook die mens se stryd teen "moedswilligheid en misverstand", en teen die noodlot en ironie, in sowel tragiese as komiese situasies telkens te voorskyn kom.[2]

Bronne[wysig | wysig bron]

  1. Aanhaling bekom van die stofomslag van die boek.Naledi Uitgewers.19-03-2019.
  2. Inligting bekom van die stofomslag van die boek.Naledi Uitgewers.19-03-2019.