Ogham

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ogham
All Ogham letters including Forfeda - Übersicht aller Ogham-Zeichen einschließlich Forfeda.jpg
Soort skryfstelsel   Alfabet
Tyd gebruik 4de - 10de eeu
Rigting Onder na bo,
links na regs
Tale Oud-Iers
Stelsels
ISO 15924 Ogam, 212
Unicode Ogham, U+1680–U+169F
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Ogham is ’n alfabet uit die vroeë Middeleeue wat hoofsaaklik gebruik is om Oud-Iers te skryf. Dit word ook soms die "Keltiese boomalfabet" genoem omdat simbole na bome genoem is. Daar is sowat 400 oorblywende Ogham-inskripsies op steenmonumente regdeur Ierland en Wes-Brittanje; die meeste is in Suid-Ierland.

Die vroegste inskripsies in Ogham dateer uit omstreeks die 4de eeu,[1] maar sommige kenners glo dit is reeds omstreeks die 1ste eeu v.C. gebruik.[2] Dit lyk of dit op ’n ander skrif gebaseer is[3] en sommige meen dit was net ’n geheime vorm van ’n ander skrif, waarskynlik die Latynse alfabet.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Geskiedenis van die alfabet

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. O'Kelly, Michael J., Early Ireland, an Introduction to Irish Prehistory, bl. 251, Cambridge University Press, 1989
  2. Carney, James, The Invention of the Ogam Cipher Ériu, 1975, bl.57, Dublin: Royal Irish Academy
  3. Macalister, R.A. Stewart, The Secret Languages of Ireland Craobh Rua Books, Armagh, 1997.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]