Gaan na inhoud

Ondernemingsvorm

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Met ondernemingsvorm word bedoel die wyse waarop 'n onderneming beheer en bestuur, die kapitaal byeengebring, verantwoordelikheid vir risiko's aanvaar en winste verdeel word. Wat eiendomsreg en -beheer betref, is daar ses soorte ondernemings, naamlik eenmansake, vennootskappe, private maatskappye met beperkte aanspreeklikheid, beslote korporasies, publieke maatskappye met beperkte aanspreeklikheid en koöperatiewe verenigings en -maatskappye.