Oond

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

'n Oond is 'n toestel wat gebruik word om dinge warm te maak.

Die verskil tussen 'n oond en 'n verwarmer is die grootte daarvan. Gewoonlik is 'n verwarmer 'n kleiner toestel.

Afrikaans vs Engels[wysig | wysig bron]

In Engels word die woord "heater" gebruik vir beide oonde en verwarmers. 'n Huishoudelike oond word egter 'n "oven" genoem.

Huishoudelik[wysig | wysig bron]

Huishoudelike oonde word gebruik om te bak.

Industrieel[wysig | wysig bron]

In die industrie word oonde gebruik om produkstrome warm te maak. Die volgende is voorbeelde:

  • Ketel: 'n Industriële ketel (Engels = "boiler") is 'n oond waarin baie fyn steenkool verbrand word om water te verhit na stoom om elektrisiteit op te wek.
  • Opkoker: 'n Opkoker verskaf die hitte vir 'n distillasiekolom. 'n Opkoker kan 'n hitteruiler wees wat stoom gebruik (of enige ander warm stroom), maar 'n opkoker kan ook 'n oond wees wat olie of brandgas gebruik.

Kyk ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]