Otterwandelpad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Getypoele by Ngubu Huts.
Oakhurst Huts langs die Lottering-rivier by die monding.
Sonsondergang van Andre Huts by die monding van die Kliprivier.

Die Otterwandelpad is 'n staproete langs die kus en woude van die Tuinroete Nasionale Park (vroeër die Tsitsikamma Nasionale Park). Dit is na die Groototter vernoem, wat algemeen in die area voorkom.[1]

Die staproete word algemeen as een van die beste staproetes ter wêreld beskou en strek van die Stormsrivier se monding (34°01′15.5″S 23°52′47.5″O) in die ooste tot by Nature's Valley (33°58′56″S 23°34′36″O) in die weste. Dit is 26 km lank soos die kraai vlieg, maar 41 km as dit gestap word. Dit neem 5 dae om die staproete te voltooi, en altesaam 4 nagte word in gerieflike hutte met mooi uitsigte deurgebring.

Roete[wysig]

  • Dag 1 - 4.8 km (± 2 ure)
  • Dag 2 - 7.9 km (± 4 ure)
  • Dag 3 - 7.7 km (± 4 ure)
  • Dag 4 - 13.8 km (± 6 ure)
  • Dag 5 - 6.8 km (± 3 ure)
  • Totale afstand 41 km

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Otterwandelpad (kategorie)
  1. “20. Tourism”,In Delien Burger: South Africa Yearbook 2007/08, 15, South African Government Communication and Information System, 548. ISBN 978-0-621-37568-8. 

Eksterne skakels[wysig]