Gaan na inhoud

Paardeberg (Swartland)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Paardeberg is 'n eilandberg in die Swartland. Die omgewing is bekend vir sy wynplase.

Die gebied lê rondom die punt 33° 30′ suid en 18° 45′ oos en die hoogste punt is 750 m bo seevlak. Dit is tussen die Paarl, Wellington, Hermon en Malmesbury, 50 km noordoos van Kaapstad, 16 km suid van Malmesbury en 35 km van die see. In die streek word met koring, canola en wingerd geboer. Oorspronklik was die kontrei ryk aan fynbos. Paardeberg, soms Paardenberg of Perdeberg, het sy naam te danke aan die trop bergkwaggas wat dit voorheen bewoon het.

Lees ook

[wysig | wysig bron]

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • thebdi.org