Wellington, Wes-Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wellington
Wellington se moederkerk troon uit bo Kerkstraat
Wellington se moederkerk troon uit bo Kerkstraat
Ligging van Wellington op 'n kaart (Wes-Kaap)
Wellington
Wellington
Koördinate: 33°38′30.14″S 19°0′15.82″O / 33.6417056°S 19.0043944°O / -33.6417056; 19.0043944Koördinate: 33°38′30.14″S 19°0′15.82″O / 33.6417056°S 19.0043944°O / -33.6417056; 19.0043944
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Kaapse Wynlande
Plaaslike Munisipaliteit Drakenstein
Stigting 1837
Hoogte 99 m (325 vt)
Bevolking
 - Stad 41 000
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 7655
Webwerf: http://wellingtonza.com/

Wellington is 'n dorp in die provinsie Wes-Kaap (Suid-Afrika), wat in 1840 na die hertog van Wellington genoem is en deel van die huidige munisipale gebied Drakenstein waarvan die Paarl die setel is. Dit het 'n geskatte bevolking van 41 000.

Dit was oorspronklik Wagenmakersvallei en tot die koms van die motorkar een van Suid-Afrika se belangrikste wamakersentrums. 'n Sentrum vir wyn, koring en vrugte met 'n belangrike inmaakfabriek vir droëvrugte. Geboorteplek van Piet Retief en generaal J.B.M. Hertzog. Belangrike opleidingsentrum en tuiste van Hugenote Kollege, in 1874 gestig as Hugenote-Seminarie, eerste inrigting in Suid-Afrika vir hoër onderwys vir vroue. Tuiste van afdeling van Skiereilandse Universiteit van Tegnologie en jaarlikse Stokkiesdraaifees.

Die dorp spog met 'n aantal historiese Kaaps-Hollandse huise, waaronder die bekende Twist Niet in Bergstraat. Langs die pad na die nabygeleë dorpie Bovlei kan die kerk van die Nederduitse Gereformeerde sendingstasie Wagenmakersvallei besigtig word. Die kerkgebou is in 1820 gewy.

Noord van die dorp, op die plaas Versailles, lê 'n historiese blokhuis uit die Tweede Vryheidsoorlog.

Wapens[wysig | wysig bron]

Munisipaliteit (1) — Wellington was van 1873 tot 1996 'n munisipaliteit. Die raad het in 1918 'n skynheraldiese "wapen" in gebruik geneem. Die skild was blou, met 'n landskaptoneel daarop. Die hertog van Wellington se skildhouers, nl twee rooi leeus met goue krone om hulle halse, is daarby gevoeg.[1]

Munisipaliteit (2) — 'n Heraldies korrekte wapen is in 1948 in gebruik geneem : Kepersgewys verdeel, silwer en blou, in die skildhoof twee skywe, ook blou, elk belaai met 'n goue fleur-de-lis, en in die skildvoet 'n silwer Hugenotekruis. Die skildhouers is behou, en silwer ankers is tot die goue krone gevoeg om hulle te differensieer. Die wapenspreuk was "Par foi et loyaute". Die wapen is in 1987 by die Buro vir Heraldiek geregistreer, en 'n blou muurkroon is toe as helmteken bygevoeg.[2] Ivan Mitford-Barberton en H. Ellis Tomlinson het die wapen ontwerp.

Joodse gemeenskap[wysig | wysig bron]

Soos baie ander plattelandse dorpe het Wellington vroeër 'n groot en aktiewe Joodse gemeenskap gehad. Hulle het in 1902 grond vir 'n sinagoge gekoop, en Isaiah Goldstein het die hoeksteen op 24 Augustus 1921 gelê. Die huis langs die sinagoge is in 1942 gekoop, en in 1945 is nog eiendom aangeskaf en in 'n gemeenskapsaal en Hebreeuse Skool omskep. Dié geboue is in 1981 verkoop en die dorp se oorblywende nege Joodse gesinne het by die Paarlse gemeente aangesluit. Die gebou huisves nou (2012) die gemeente van die Nuwe Apostoliese Kerk.

Bekende boorlinge[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Die "wapen" kom voor op 'n tabakkaart wat in 1931 uitgereik is.
  2. National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]