Paprika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Rooi rissies in Cachi, Argentinië word in die lug gedroog voordat dit verwerk word tot poeier.
'n Bakkie met gerookte Spaanse Pimentón
Verpakte gemaalde en die heel-gedroogde paprika te koop op 'n mark in Belgrado.
'n Hongaarse paprikaverkoper, Boedapest.

Paprika is 'n spesery gemaak van fyngemaalde, gedroogde vrugte van Capsicum annuum, óf soetrissie of chilipeperrasse of mengsels daarvan. Paprika word dikwels geassosieer met Hongarye, want dit word algemeen in die Hongaarse kookkuns gebruik. Spanje en Portugal het Capsicum annuum van die Amerikas na die Ou Wêreld ingevoer.[1] Spaanse Pimentón, soos dit daar bekend is, het dikwels 'n rokerige smaak as gevolg van hoe die Spaanjaarde dit gedroog het. Sommige weergawes van paprika en Pimentón is gerook.[2][3] Die geurmiddels word in baie kombuise gebruik om kleur en geur aan geregte te verleen, maar dit word gewoonlik geassosieer met Turkye, Spanje, Portugal, Griekeland, Hongarye, Roemenië, Kroasië, Serwië, Bulgarye, Marokko en Suid-Afrika.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.