Paprika (plant)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Paprika
Capsicum annuum 9 - Kew.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. annuum
Binomiale naam
Capsicum annuum
L.

Die paprika of rooirissie (Capsicum annuum) is ’n spesie van die genus Capsicum, wat inheems is aan suidelike Noord-Amerika en noordelike Suid-Amerika.[1][2] Dit is die algemeenste van die vyf capsicums wat vir huislike gebruik gekweek word.

Eienskappe[wysig | wysig bron]

Hoewel die naam afgelei is van die Latynse woord annus (“jaar”), is die plant nie ’n jaarplant nie. Dit kan sonder ryp ’n paar seisoene oorleef en ’n groot meerjarige struik word.[3] Die enkelblomme is naaswit (soms pers) en die stam is vol takke en tot 60 cm hoog.

Die vrug is ’n bessie en kan groen, geel of rooi wees wanneer dit ryp is.[4] Die talle kultivars het ’n groot verskeidenheid rissies wat dwarsoor die wêreld geëet word. Hulle het ’n groot verskeidenheid vorms en groottes en is matig of warm; dit wissel van soetrissies tot brandrissies. Die kultivars is ontwikkel van die wilde Amerikaanse voëlrissie wat steeds in warmer dele van Amerika aangetref word.[5]

Hoewel die spesie in die meeste klimate kan groei, verkies dit warm, droë toestande.

Sierrissie[wysig | wysig bron]

Sommige kultivars word gekweek as huisplante en staan bekend as sierrissies. Hul vrugte het soms ongewone kleure soos swart en pers. Almal is eetbaar en die meeste brand.

Galery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Capsicum annuum L." Germplasm Resources Information Network. United States Department of Agriculture. 1997-01-22. Besoek op 2010-07-29.
  2. Latham, Elizabeth (2009-02-03). "The colourful world of chillies". Stuff.co.nz. Besoek op 2009-03-08.
  3. Katzer, Gernot (27 Mei 2008). "Paprika (Capsicum annuum L.)". Besoek op 1 Desember 2012.
  4. Organisation for Economic Co-operation and Development (1 Julie 2006). Safety assessment of transgenic organisms: OECD consensus documents. OECD Publishing. pp. 299–. ISBN 978-92-64-02258-4. Besoek op 25 November 2011.
  5. Francis, John K. (2003-09-09). "Capsicum annuum L. bird pepper – USDA Forest Service" (PDF). Besoek op 2013-09-30.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]