Gaan na inhoud

Paul Hillier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kronos saam met Paul Hillier in Malmö, herfs 2005

Paul Douglas Hillier (9 Februarie 1949 − ) is 'n dirigent, musikale direkteur en bariton. Hy spesialiseer in Vroeë Musiek en kontemporêre kunsmusiek, veral musiek deur komponiste soos Steve Reich en Arvo Pärt.

Hy het by die Guildhall Musiekskool gestudeer, en het sy professionele loopbaan begin terwyl hy nog 'n klerk by Sint Paulus se katedraal, Londen was. Sy konsertbuiging het in 1974 in Londen se Purcell Room plaasgevind.[1]

Hillier is al sedert 2003 die Hoofdirigent van Ars Nova (Kopenhagen). Hy was in 2008 aangestel as Artistieke Direkteur van die Nasionale Kamerkoor van Ierland. Hillier het reeds 'n aantal soloplate opgeneem, sommige saam met die harpspeler Andrew Lawrence-King, op die Harmonia Mundi, ECM, EMI, Finlandia en Hyperion plaatetikette.

Akademiese aanstellings

[wysig | wysig bron]

Teen 1980 het Hillier reeds verskeie akademiese poste beklee. Sy mees onlangse pos is as Direkteur van die Instituut vir Vroeë Musiek by Indiana Universiteit, Bloomington.[1][2]

Publikasies

[wysig | wysig bron]
  • The Catch Book (2005), Oxford University Press, ISBN 0-19-343649-3, geredigeer deur Hillier.
  • A Josquin Anthology (2005), Oxford University Press, ISBN 0-19-353218-2, 'n bundel korale stukke deur die Renaissance-musiek komponis Josquin des Prez, geredigeer deur Ross Duffin en Hillier.
  • Writing on Music, 1965–2000 (2002), Oxford University Press, ISBN 0-19-511171-0, 'n versameling skrywes deur die komponis Steve Reich, geredigeer deur Hillier.
  • Arvo Pärt (1997), Oxford University Press, ISBN 0-19-816616-8, Die eerste Engelstalige biografie van die Estiese komponis Arvo Pärt.
  • English Romantic Partsongs (1986), Oxford University Press, ISBN 0-19-343650-7, 'n versameling liedere wat deur Hillier geredigeer is.
  • 300 Years of English Partsongs: Glees, Rounds, Catches, Partsongs 1600-1900 (1983), Faber & Faber, ISBN 0-571-10045-7, 'n musiekbundel soos deur Hillier geredigeer.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Paul Hillier (Baritone, Conductor)". Bach Cantatas Website. Besoek op 24 September 2016.
  2. Early Music Institute Geargiveer 28 Desember 2005 op Wayback Machine