PetroSA

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
PetroSA
Tipe Staatsmaatskappy
Gestig 1965
Hoofkantoor 151 Frans Conradie Rylaan, Parow, Kaapstad, Wes-Kaap,Suid-Afrika
Sleutelpersone Bhekabantu Wilfred Ngubane (Tussentydse Voorsitter)
Siphamandla Kenneth Mthethwa (Waarnemende hoofuitvoerendebeampte)
Industrie Petroleumbedryf
Produkte Ruolie en aardgas
Inkomste R 18 049 miljard (2015)
Bedryfsinkomste R 14 551 miljard (2015)
Netto inkomste R 14 335 miljard (2015)
Werknemers 1 720 (2015)
Moedermaatskappy Central Energy Fund
Webwerf petrosa.co.za

PetroSA, oftewel die Petroleum, Olie en Gaskorporasie van Suid-Afrika, is 'n staatsbeheerde maatskappy in Suid-Afrika wat in Januarie 2002 gevorm is toe Mossgas, Soekor en dele van die Strategiese Brandstoffonds Assosiasie saamgesmelt het. PetroSA bedryf een van die grootste gas-na-vloeistofaanlegte ter wêreld in Mosselbaai. Die maatskappy beskou hul kernaktiwiteite as:

  • Die eksplorasie en produksie van ruolie en aardgas.
  • Die deelname in en aankoop van plaaslike sowel as internasionale stroomop petroleumgeleenthede.
  • Die produksie van sintetiese brandstowwe, wat vervaardig word uit ondersese gas in wat hulle beskryf as een van die wêreld se grootste kommersiële gas-na-vloeistofaanlegte.
  • Die bemarking en verhandeling van olie en petrochemikalieë.
  • Die stoor van ru-olie namens die Strategiese Energiefonds.

Van die produkte wat deur die maatskappy geproduseer word sluit petrol, paraffien, diesel, propaan en alkohole in.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]