Suid-Afrikaanse rand

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die mees gebruikte geldeenhede volgens waarde
Geldeenheidverspreiding van globale
buitelandse valutamarkte volgens omset.
[1][2]
Rang Geldeenheid Simbool
ISO 4217
% daaglikse
aandeel
(Des. 2015)
1 Vlag van Verenigde State van AmerikaAmerikaanse dollar USD ($) 87,0%
2 Vlag van EuropaEuro EUR (€) 33,4%
3 Vlag van JapanJapannese Jen JPY (¥) 23,0%
4 Vlag van Verenigde KoninkrykPond sterling GBP (£) 11,8%
5 Vlag van SwitserlandSwitserse frank CHF (CHF) 8,6%
6 Vlag van KanadaKanadese dollar CAD ($) 5,2%
7 Vlag van AustraliëAustraliese dollar AUD ($) 4,6%
8 Vlag van MeksikoMeksikaanse peso MXN ($) 2,5%
9 Vlag van Volksrepubliek van SjinaChinese juan CNY (¥) 2,2%
10 Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seelandse dollar NZD ($) 2,0%
11 Vlag van SwedeSweedse kroon SEK (kr) 1,8%
12 Vlag van RuslandRussiese roebel RUB (₽) 1,6%
13 Vlag van HongkongHongkong-dollar HKD ($) 1,4%
14 Vlag van Noorweë Noorse kroon NOK (kr) 1,4%
15 Vlag van SingapoerSingapoer-dollar SGD ($) 1,4%
16 Vlag van TurkyeTurkse lira TRY (₺) 1,3%
17 Vlag van Suid-Korea Suid-Koreaanse won KRW (₩) 1,2%
18 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaanse rand ZAR (R) 1,1%
19 Vlag van Brasilië Brasiliaanse real BRL ($) 1,1%
20 Vlag van Indië Indiese roepee INR (₹) 1,0%
Ander 6,3%
Totaal[n 1] 200%

Die rand is die geldeenheid van Suid-Afrika sedert republiekwording en desimalisasie in 1961, toe dit die Suid-Afrikaanse pond vervang het. Die naam is afgelei van die Witwatersrand, Suid-Afrika se skatkamer van minerale rykdomme.[3] Dit is ook 'n amptelike geldeenheid in Suid-Afrika se buurlande Lesotho (saam met die loti), Namibië (saam met die Namibiese dollar), Swaziland (saam met die lilangeni) en 'n nie-amptelike geldeenheid van Zimbabwe (saam met verskeie ander geldeenhede). Die rand is vroeër ook in Botswana (1966–1976), Suidwes-Afrika (1961–1990) asook die bantoestans van Bophuthatswana, Ciskei, Transkei en Venda gebruik.

  • 'n Rand word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c)
  • Die rand is beskikbaar in 7 muntstukke (5c, 10c, 20c, 50c, R1, R2 en R5) en 5 note (R10, R20, R50, R100 en R200). Daar word vanaf April 2002 nie meer een- en tweesentstukke gemunt nie.
  • Die ISO-geldeenheidkode is ZAR (afgelei van Nederlands: Zuid-Afrikaanse Rand), en die algemene notasie is die voorvoegsel R.
  • Wisselkoers (21/11/2017): 1 VS$ = 14,00 ZAR, 1 Euro = 16,43 ZAR, 1 pond sterling = 18,52 ZAR.
Die ekonomie van Suid-Afrika


Artikels in hierdie reeks:
Ekonomie van Suid-Afrika
Krugerrand
Landbou in Suid-Afrika
Naspers
Suid-Afrikaanse rand

Kort geskiedenis[wysig | wysig bron]

Ou Suid-Afrikaanse banknote en munte, reeds uit sirkulasie

Die eerste banknote het die afbeelding van Jan van Riebeeck, die eerste Nederlandse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop, gedra. In die 1980's is die note herontwerp met afbeeldings van inheemse grootwilddiere, soos die renoster, olifant, leeu, buffel, luiperd, ens.

In Augustus 2004 is 'n nuwe R5-munt bekendgestel, in 'n poging om vervalsing van die ou R5-munt te probeer beperk. Sekuriteitsmaatreëls wat ingestel is, sluit in 'n tweemetalige ontwerp (soortgelyk aan die €1- en €2-munte en die Britse £2-munt), 'n spesiale geriffelde sekuriteitsgroef om die rand en mikro-belettering.

31 Mei 2010 is as die keerdatum aangewys waar alle ou R200-note, dit wil sê, dié wat nie oor die nuwe landswapen en nuwe sekuriteitsmaatreëls beskik nie, finaal uitgefaseer word. Dit kon by handelsbanke ingeruil word, waarna dit vanaf 1 Junie 2010 slegs by die Suid-Afrikaanse Reserwebank omgeruil kon word.[4]

In Mei 2012 moes die Reserwebank 3,6 miljoen R100-banknote vernietig, omrede die Sweedse drukkery wat dit vervaardig het, die verkeerde grootte en kleure gebruik het. Dit sou onder andere probleme veroorsaak het in dobbelmasjiene.

Op 11 Februarie 2013 is 'n nuwe reeks banknote bekendgestel waarop die gesig van Nelson Mandela pryk wat die "Groot Vyf"-reeks van die 1990's vervang het.[5] Geen R500-noot sal bekendgestel word nie.[6]

In 2016 was die rand die 18de mees verhandelde geldeenheid ter wêreld, ten spyte daarvan dat Suid-Afrika se ekonomie slegs die 33ste grootste ter wêreld was.[7]

Waarde van die rand[wysig | wysig bron]

Apartheidsera[wysig | wysig bron]

Wisselkoers tussen Euro en Rand sedert 1999
Wisselkoers tussen Rand en Amerikaanse dollar[8]
Wisselkoers tussen Rand en Jen

Vanaf die geldeenheid se instelling in 1961 tot 1982 was die rand sterker as Amerika se dollar, maar dit het in die 1980's skerp begin verswak.

Aanvanklik het die snelle groei van die 1950's in die 1960's voortgeduur. Suid-Afrika het by die vasgestelde dollarprys van goud gebaat, terwyl 'n vaste wisselkoers sekerheid in die goudmynbedryf gebring het. Dit het Suid-Afrika gehelp om tot die derde grootste goudverskaffer te ontwikkel. Goud was vir meer as 'n driekwart van die land se hulpbronuitvoer en sowat 60% van die totale uitvoer verantwoordelik.

Tussen 1970 en 1980 is 'n gemiddelde groei van 3,7% gehandhaaf. Dit was die begin van sanksies en die oliekrisis van 1973 toe die binneland groot toenames in vervoerkoste ervaar het. Brandstof-rantsoenering en spoedbeperkings was aan die orde van die dag.

Vanaf 1981 was die gemiddelde groei in Suid-Afrika net 2%. Binnelandse onrus en sanksies het 'n rol gespeel, maar die wêreldwye hulpbronkrisis het 'n groot bydrae tot die verlangsaming gelewer.[9]

Post-Apartheid[wysig | wysig bron]

In die 1990's het dit die verswakking voortgesit as gevolg van onsekerheid oor die land se toekoms onder die nuwe regering.

Net ná die aanvalle op 11 September 2001 in die VSA, het die rand 'n drastiese verswakking teen die Amerikaanse dollar gelei. In Desember 2001 het die rand 'n rekordlaagtepunt bereik teen 1 VS$ = 13,85 ZAR; van toe af het die rand weer herstel en meer as 50% van sy waarde teruggewen, tot so 'n mate dat versterkings in die geldeenheid (vanaf R13,84 per dollar in 2001 tot onder R6 per dollar in 2005) groot verliese vir sommige maatskappye beteken het en baie werksgeleenthede as gevolg hiervan verlore gegaan het. Vanaf 2011 het die rand stelselmatig teenoor die dollar verswak en het teen November 2015 'n waarde van 14,39 rand vir een Amerikaanse dollar gehad.

In Desember 2015 het die Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma vir Nhlanhla Nene van sy pos as minister van finansies onthef en stel David van Rooyen as sy opvolger aan. Dit het tot gevolg dat die rand tot meer as 15 rand per dollar daal.[10] Dit is die swakste wat dit ooit was sedert dit die pond in 1961 vervang het. Van Rooyen se ministerskap het 3 dae gehou, waarna hy deur Pravin Gordhan vervang is.

Gordhan is in Maart 2017 vir 'n tweede keer as Minister van Finansies ontslaan. Dit lei tot groot proteste en onrus in die ANC. Die land se kredietgradering is kort daarna na rommelstatus afgegradeer.[11]

Toekoms[wysig | wysig bron]

Volgens die ekonoom Mike Schüssler sal die gemiddelde groei tussen 2011 en 2030 nie sommer 2% oorskry nie. Daarteenoor styg die heersende bevolkingsgroeikoers van 17% steeds. As beide faktore in ag geneem word, kan min groei per capita verwag word.[9]

Banknootreekse[wysig | wysig bron]

Eerste reeks[wysig | wysig bron]

Banknote van die Suid-Afrikaanse rand (eerste reeks 1961)
Nominale waarde Voorkant Agterkant Kleur Taal
1 rand Jan van Riebeeck Leeu in wapen Bruin Afrikaans, Engels
2 rand Leeu in wapen Blou Afrikaans, Engels
5 rand Mynbou Blou Afrikaans, Engels
10 rand Van Riebeeck-skepe Groen met bruin Afrikaans, Engels
20 rand Mynbou Pers Afrikaans, Engels

Tweede reeks[wysig | wysig bron]

Banknote van die Suid-Afrikaanse rand (tweede reeks 1970)[12]
Nominale waarde Voorkant Agterkant Kleur Taal
2 rand Jan van Riebeeck en infrastruktuur Mynbou Blou-geel Afrikaans, Engels
5 rand Jan van Riebeeck en diamante Mynbou Maroen Engels, Afrikaans
10 rand Jan van Riebeeck en protea Landbou Groen Afrikaans, Engels
20 rand Jan van Riebeeck en Groot Constantia Jan van Riebeeck se landingsparty
en die Suid-Afrikaanse wapen
Bruin Engels, Afrikaans
50 rand Jan van Riebeeck en leeu Natuurlike omgewing Rooi Afrikaans, Engels

Derde reeks[wysig | wysig bron]

Banknote van die Suid-Afrikaanse rand (derde uitgawe "Groot vyf" 1992)[13]
Nominale waarde Voorkant Agterkant Kleur Taal Grootte (mm)
10 rand Renoster Landbou Groen Afrikaans, Engels 128×70
20 rand Olifant Mynbou Bruin Engels, Afrikaans 134×70
50 rand Leeu Vervaardiging Rooi Afrikaans, Engels 140×70
100 rand Buffel Toerisme Blou Engels, Afrikaans 146×70
200 rand Luiperd Vervoer en kommunikasie Oranje Afrikaans, Engels 152×70

Vierde reeks[wysig | wysig bron]

Banknote en munte van die Suid-Afrikaanse rand se vierde reeks (2005–2012)
Banknote van die Suid-Afrikaanse rand (vierde reeks "Engels en ander amptelike tale" 2005)[12]
Nominale waarde Voorkant Agterkant Kleur Taal Grootte (mm)
10 rand Renoster Landbou Groen Engels, Afrikaans, Swazi 128×70
20 rand Olifant Mynbou Bruin Engels, Suid-Ndebele, Tswana 134×70
50 rand Leeu Vervaardiging Rooi Engels, Venda, Xhosa 140×70
100 rand Buffel Toerisme Blou Engels, Noord-Sotho, Tsonga 146×70
200 rand Luiperd Vervoer en kommunikasie Oranje Engels, Suid-Sotho, Zoeloe 152×70

Vyfde reeks[wysig | wysig bron]

Banknote van die Suid-Afrikaanse rand (vyfde en huidige reeks "Nelson Mandela" 2012–)
Nominale waarde Voorkant Agterkant Kleur Tale Grootte (mm)
10 rand Nelson Mandela Renoster Groen Engels, Afrikaans, Swazi 128 x 70
20 rand Olifant Bruin Engels, Suid-Ndebele, Tswana 134 x 70
50 rand Leeu Rooi Engels, Venda, Xhosa 140 x 70
100 rand Buffel Blou Engels, Noord-Sotho, Tsonga 146 x 70
200 rand Luiperd Oranje Engels, Suid-Sotho, Zoeloe 152 x 70

Sien ook[wysig | wysig bron]

Notas[wysig | wysig bron]

  1. Die somtotaal is 200% want elke verhandeling behels 'n geldeenheidpaar.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "World's Most Traded Currencies By Value 2012". investopedia.com. Verkry op 10 Junie 2013. 
  2. (en) "Report on global foreign exchange market activity in 2013" (PDF). Triennial Central Bank Survey. Basel, Switserland: Bank for International Settlements. April 2013. p. 12. Verkry op 22 Oktober 2013. 
  3. Die agtergrond van die Suid-Afrikaanse Rand
  4. Ou R200-note word uit sirkulasie gehaal
  5. Madiba se gesig pryk op nuwe banknote
  6. Geen R500-noot op die horison – Marcus
  7. (en) Why the rand outdoes South Africa's economy, Rand Daily Mail, 22 April 2016. URL besoek op 23 April 2016.
  8. "Exchange Rates Between the United States dollar and South African rand". Measuring Worth. Verkry op 6 Desember 2011. 
  9. 9,0 9,1 Geskiedenis voorspel: R70 teenoor die dollar deur Mike Schüssier, Beeld, 18 Januarie 2016
  10. Rand val soos 'n klip ná Zuma MK-terroris as minister van finansies aanstel, PRAAG, besoek op 10 Desember 2015
  11. S&P gradeer SA af na rommelstatus, Maroela Media, besoek op 3 April 2017
  12. 12,0 12,1 (en) "South African Rand". Verkry op 19 November 2012. 
  13. (en) "Banknotes". Where's My Moola. Verkry op 19 November 2012. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]