Gaan na inhoud

Prinses Victoria van Sakse-Koburg-Saalfeld

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Prinses Victoria
Hertogin van Kent
Prinses Victoria, van Project Gutenberg eText.
Prinses Victoria, van Project Gutenberg eText.
Volle naam Mary Louise Victoria
Duits: Marie Luise Viktoria
Eggenoot Emich Carl, 2de Prins van Leiningen (1803–1814)
Prins Edward, Hertog van Kent en Strathearn (1818–1820)
Kinders Carl, 3de Prins van Leiningen
Prinses Feodora van Leiningen
Koningin Victoria
Titels Prinses Victoria van Sakse-Koburg-Saalfeld
Prinses van Leiningen
Hertogin van Kent
Huis Hannover
Vader Franz Frederick Anton, Hertog van Sakse-Koburg-Saalfeld
Moeder Auguste Reuss van Ebersdorf en Lobenstein
Gebore 17 Augustus 1786; Koburg, Duitsland
Oorlede 16 Maart 1861; Frogmore, Windsor

Prinses Victoria van Sakse-Koburg-Saalfeld (Mary Louise Victoria; 17 Augustus 178616 Maart 1861; Duits: Marie Luise Viktoria) was die ma van koningin Victoria.

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Prinses Victoria is op 17 Augustus 1786 gebore as die vierde dogter en sewende kind van Franz Frederick Anton, Hertog van Sakse-Koburg-Saalfeld en Auguste Reuss van Ebersdorf en Lobenstein.

Huwelike

[wysig | wysig bron]

Eerste huwelik

[wysig | wysig bron]

Op 21 Desember 1803 het sy getrou met Charles, Prins van Leiningen (1763–1814), wie se eerste vrou, Henrietta Reuss van Ebersdorf, haar tante was. Hulle het twee kinders, Carl, 3de Prins van Leiningen en prinses Feodora van Leiningen, gehad.

Tweede huwelik

[wysig | wysig bron]

Op 29 Mei 1818 het sy getrou met prins Edward, Hertog van Kent en Strathearn (1767–1820). Hulle het een kind, koningin Victoria, gehad.

Die hertogin is op 16 Maart 1861 dood. Koningin Victoria is swaar getref deur haar ma se dood. Dit was die begin van ’n rampspoedige jaar waarin haar man, Albert van Sakse-Koburg en Gotha, ook dood is.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Princess Victoria of Saxe-Coburg-Saalfeld

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • Packard, Gerrold (1973). Victoria's Daughters. New York: St. Martin's Press.