Puńsk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Puńsk • Punskas
Mickiewicz-straat
Mickiewicz-straat
Official seal of Puńsk • Punskas
Seël
Ligging van Puńsk • Punskas op 'n kaart (Pole)
Puńsk • Punskas
Puńsk • Punskas
Koördinate: 54°15′03″N 23°10′4″O / 54.25083°N 23.16778°O / 54.25083; 23.16778Koördinate: 54°15′03″N 23°10′4″O / 54.25083°N 23.16778°O / 54.25083; 23.16778
Land Vlag van Pole Pole
Woiwodskap Podlachië
Powiat Sejneński
Gmina Puńsk
Bevolking
 - Dorp 1 331
Poskode 16-515
Skakelkode(s) (+48) 87
Huis van die Litause kultuur

Puńsk (Litaus: Punskas) is 'n Poolse nedersetting en administratiewe setel van die gelyknamige munisipaliteit (gmina), sowat 23 km noordoos van Suwałki en 5 km vanaf die grens met Litaue in die Woiwodskap Podlachië geleë.[1]

Die bevolking, wat in 2011 op 1 331 beraam is, is merendeels Litaussprekend (met 74,9 persent Litaussprekendes in die munisipaliteit volgens die Poolse sensus van 2002). Puńsk is sedert 2006 amptelik tweetalig en het twee jaar later ook tweetalige plekname ingevoer (Pools en Litaus).

Die enigste skool in Pole met Litaus as onderrigmedium is in Puńsk geleë. Die nedersetting vervul belangrike funksies as sentrum van die Litause volkskultuur in Pole en in verband met die handelsbetrekkinge tussen die twee lande.

Die Poolse bevolking het sy solidariteit met Litaue gedurende die Sowjet-Russiese blokkade vanaf Maart 1990 bewys. Dwarsoor Pole is 'n verskeidenheid goedere ingesamel, en Puńsk was die logistieke sentrum vanwaar hulle na Litaue vervoer is. Kerkgangers het elke Sondag ná die kerkdiens vir Litaue se onafhanlikheid van Sowjet-Rusland betoog.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. www.punskas.pl: Lithuanians in Poland. Besoek op 13 Februarie 2019
  2. Mark Salter & Jonathan Bousfield: The Rough Guide to Poland. London • New York: Rough Guides 2002, bl. 266