Río Uruguay

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Río Uruguay – Rio Uruguai
Die Río Uruguay naby Misiones, Argentinië.
Die Río Uruguay naby Misiones, Argentinië.
Uruguayrivermap.png
Die stroomgebied van die Río Uruguay.
Oorsprong Serra Geral, Santa Catarina (Brasilië)
Monding Río de la Plata naby Buenos Aires, Argentinië
(Atlantiese Oseaan)
Stroomgebied Brasilië, Argentinië en Uruguay
Lengte 1 838 km (1 140 myl)[1]
Oorspronghoogte 1 800 m (5 906 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 5 500 m³/s (194 000 ft³/s)[2]
Stroomgebiedopp. 365 000 km² (140 000 myl²)[2]
Kaart van die Río de la Plata-bekken in Suid-Amerika.
Kaart van die Río de la Plata-bekken in Suid-Amerika.
Satellietbeeld van die Río Paraná, die Río Paraguay en die Río Uruguay

Die Río Uruguay (Spaans: [uɾuˈɣwai], Guaraní: Ysyry Uruguái, Portugees: Rio Uruguai [uɾuˈɡwaj]), is 'n groot suidwes-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 838 km, is die tweede grootste sytak van die Río Paraná. Die naam van die rivier beteken "Rivier van die kleurvolle voël".

Die Río Uruguay ontspring in die Brasiliaanse Bergland in die deelstaat Santa Catarina. Dit vorm aansluitend die grens tot die deelstaat Rio Grande do Sul en later die grens tussen Argentinië en Brasilië. Op die laaste 300 km vorm die rivier die grens tussen Argentinië en Uruguay, wat sy naam van die rivier aflei: "Republiek Oos van die Uruguay". Saam met die Río Paraná uitmond die rivier in die Rio de la Plata, wat naby Buenos Aires in die Atlantiese Oseaan uitmond.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Río de la Plata". Encyclopædia Britannica. Verkry op 11 Februarie 2015. 
  2. 2,0 2,1 (en) Varis, Olli (2008). Management of Transboundary Rivers and Lakes. Springer. p. 272. ISBN 978-3-540-74926-4.