Ruimtewandeling

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ed White voer die eerste Amerikaanse ruimtewandeling uit

'n Ruimtewandeling is enige aktiwiteit wat deur 'n ruimtevaarder buite 'n ruimtetuig uitgevoer word buite die Aarde se merkbare atmosfeer. Die term is mees algemeen van toepassing op 'n ruimtewandeling wat uitgevoer word buite 'n vaartuig wat om die aarde wentel (soos die Internasionale Ruimtestasie), maar word ook gebruik in terme van verkenning op die maan se oppervlak soos uitgevoer deur ses pare van die Amerikaanse ruimtevaarders in die Apollo-program tussen 1969 en 1972.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Net soos met die eerste satelliet en die eerste mens in die ruimte, het die Sowjetunie weer die wêreld verstom op 18 Maart 1965 met die eerste ruimtewandeling wat uitgevoer is deur Aleksei Leonof uit die Voskhod 2-ruimtetuig, hy het 12 minute buite die ruimtetuig spandeer.

Die eerste Amerikaanse ruimtewandeling is uitgevoer op 3 Junie 1965, deur Ed H. White van die tweede bemande Gemini vlug, Gemini 4. Dit het vir 21 minute geduur.