SV Bergisch Gladbach 09
Volledige naam | Sportverein Bergisch Gladbach 09 e.V. |
Stigtingsdatum | 1909 |
Tuisveld | Stadion Paffrather Straße, Bergisch Gladbach |
Kapasiteit | 10 500 |
Kompetisie | Oberliga Noord-Ryn |
SV Bergisch Gladbach 09 is 'n sportklub in Bergisch Gladbach in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Die klub het ook 'n pluimbalafdeling.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die klub het in 1973 ontstaan uit 'n samesmelting tussen SV 09 Bergisch Gladbach en SSG Bergisch Gladbach.
SV 09 Bergisch Gladbach was die meer bekende klub en is oorspronklik in 1909 gestig. Die klub se grootste prestasie was toe dit in 1953 die Duitse Amateurkampioenskap gewen het deur in die eindstryd met VfB Homberg voor 30 000 toeskouers af te reken (3-2). Verder het die klub in 1954 die kwarteindstryd van die DFB-Pokal gehaal as SC Bergisch Gladbach.
SSG Bergisch Gladbach het in 1971 ontstaan as 'n samesmelting van Sportfreunde Paffrath, Blau-Weiß Hand en SV Katterbach.
Die klub het sy grootste roem te danke aan sy vroue-afdeling wat tussen 1977 en 1989 nege keer die Duitse titel gewen het. Die vroue-afdeling het in 1996 weggebreek en met 'n Keulse klub saamgesmelt. Die klub het in 2008 die huidige naam aangeneem.
Erelys
[wysig | wysig bron]- Duitse Amateurkampioenskap (voorganger SV 09 Bergisch Gladbach)
Onlangse ligaplekke
[wysig | wysig bron]
|
|