Saadstring

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die saadstring

In die mediese vakterminologie verwys die begrip saadstring (Latyn: funiculus spermaticus) na 'n string bestaande uit saadleier en bloedvate vir die teelballe wat deur die lieskanaal uit die buikholte in die balsak afdaal.

Saadstringontsteking verwys na 'n ontsteking van die saadstring wat meestal deur gonoree veroorsaak word. Dit kan tot afsluiting van die saadstring en dus tot onvrugbaarheid lei.