Skrotum

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die skrotum (sinoniem: teelsak) is die uitstulping van die abdomen as vel en spier waarin die testikels rus[1]. Die anatomiese ligging daarvan is tussen die penis en die anus. By sekere soogdiere soos die mens, raak die basis van die skrotum bedek met geslagshare wanneer puberteit aanbreek. Die leek verward dikwels die skrotum met die testikels. Die skrotum is homoloog aan die labia majora in die vroulike geslag.

Funksie[wysig]

Dit blyk dat die skrotum ten doel het om die temperatuur van die testikels te verlaag na ongeveer 34.4 grade Celsius (94 grade Fahrenheit) ; laer as die res van die liggaam se temperatuur van 36.7 grade Celsius (98 grade Fahrenheit). Blootstelling aan die liggaam se hoër temperatuur skyn die spermtelling te beskadig. Om die skrotum se temperatuur konstant te hou, ontspan of trek die kremasterspier (in die abdomen) en die dartos-fascia (in die skrotum) saam. Dit beweeg dan die skrotum (en die testikels) verder of nader aan die bekken en abdomen. Kontraksie van die spiervesels van die dartos-fascia is onwillekeurig en laat die skrotumvel dikker en meer plooierig lyk.

Siekteprosesse van die skrotum[wysig]

Verdere illustrasies[wysig]

Kyk ook na[wysig]

Aantekeninge[wysig]

Verkort vanaf Scrotum op die Engelse wikipedia.