Samuel Arnold
Samuel Arnold | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Gebore | 10 Augustus 1740 Londen |
Sterf | 22 Oktober 1802 (op 62) |
Genres | Klassiek |
Beroep(e) | Komponis |
Samuel Arnold – die komponis en nie die samesweerder nie – (10 Augustus 1740 – 22 Oktober 1802) was 'n Engelse komponis en orrelis.
Arnold is in Londen gebore (daar word beweer dat sy moeder Prinses Amelia van Groot-Brittanje was). Sy vader was Thomas Arnold.
Arnold het omstreeks 1764 musiek vir die teater begin skryf. 'n Paar jaar daarna het hy direkteur van musiek by Marylebone Gardens geword, vir wie hy baie van sy gewilde musiek geskryf het.
In 1777 het hy vir George Colman die Ouere by die Little Theatre, Haymarket begin werk. In 1783 het hy orrelis by die Koninklike kapel geword, en in 1793 het hy die orrelis by Westminster Abdy geword, waar hy uiteindelik begrawe sou word.
Werke
[wysig | wysig bron]Arnold se bekendste werke sluit in:
- The Maid of the Mill (1765)
- Abimelech (oratorio)|Abimelech (1768)
- The Prodigal Son (1773)
- The Baron Kinkvervankotsdorsprakingatchdern (1781)
- Die Kasteel van Andalusië (1782)
- Two to One (1784), libretto George Colman. Dit sluit die liedjie "Pensive I Mourn" in.[1]
- Turk and No Turk (1785)
- Inkle and Yarico (1787)
Hy is ook bekend daarvoor dat hy die eerste versamelde uitgawe van die werke van Georg Friedrich Händel tussen 1787 en 1797 geproduseer het wat in 180 dele gepubliseer was. Dit was die mees omvattende versameling van Händel se musiek voor die verskyning van die Händel-Gesellschaft-uitgawe in die volgende eeu.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ The European Magazine (1784) bl.8
- ↑ Winton Dean, The New Grove Handel. NY: Norton, 1982, p. 116. ISBN 0-393-30086-2; "Composers: Samuel Arnold (1740 - 1802)" article at naxos.com. Geargiveer 14 Maart 2007 op Wayback Machine
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Samuel Arnold. |
Kulturele poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur James Nares |
Eerste Orrelis van die Chapel Royal 1783–1802 |
Opgevolg deur John Stafford Smith |
Kulturele poste | ||
Voorafgegaan deur Benjamin Cooke |
Orrelis en Meester van die Koorlede van Westminster Abdy 1793–1802 |
Opgevolg deur Robert Cooke |