Sarel Hayward

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Sarel Antonie Strydom Hayward (gebore 5 Augustus 1924 op Steytlerville, oorlede 2 Oktober 1999) was gedurende sy leeftyd 'n Suid-Afrikaanse politikus, en 'n lid van die regerende Nasionale Party, verteenwoordigend van Graaff-Reinet in die parlement (1969-1984).

Hy het lank in die kabinet van P.W. Botha gedien as adjunkminister van Landbou (1978-1980), adjunkminister van Landbou en Visserye (1980-1982), Minister van die Omgewingsake, Waterwese en Bosbou (1982-1984) en laastens as Minister van Landbou en Waterwese (1984-1986).