Sikorsky CH-54 Tarhe
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Sikorsky CH-54 Tarhe | |
---|---|
'n CH-54A wat 'n BLU-82 valskermbom dra | |
Tipe | Swaarlig militêre vervoerhelikopter |
Vervaardiger | Sikorsky Aircraft |
Nooiensvlug | 9 Mei 1962 |
Onttrek | 1991 |
Status | Produksie gestaak |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Leër Amerikaanse Vloot Amerikaanse Marinierskorps |
Aantal gebou | 105 |
Weergawes | S-64 Skycrane |
Die Sikorsky CH-54 Tarhe is 'n tweeling-enjin swaarlig helikopter ontwerp deur Sikorsky Aircraft vir die Amerikaanse Leër. Dit is vernoem na Tarhe (wie se bynaam "The Crane" was), 'n 18de-eeuse hoof van die Wyandot Indiese stam.[1] Die siviele weergawe is die S-64 Skycrane.
Aanvanklike werk op die Sikorsky "lughyskraan"-helikopters het in 1958 begin met die suier-enjin Sikorsky S-60. Die eerste vlug van die turbo-aangedrewe S-64 Skycrane was op 9 Mei 1962.[2]
Die Amerikaanse Leër het uiteindelik 105 gekoop, die aanwysing van hulle was CH-54. Dit is gebruik in Viëtnam vir vervoer en herwinning van neergestorte vliegtuie, en was hoogs suksesvol daarmee, te danke aan die aanpasbare aard van die modules. Dit hou die rekord vir die hoogste hoogte in vlakvlug (11 km in 1971)[3] en vinnigste klim tot 3,[4] 6,[5] en 9 km.[6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Ohio History Central page on Tarhe
- ↑ Taylor 1976, p. 386.
- ↑ "FAI Record ID #9918 - Altitude in horizontal flight. Geargiveer 5 Januarie 2015 op Wayback Machine
- ↑ "FAI Record ID #9942 - Time to climb to a height of 3 000 m. Geargiveer 23 Junie 2015 op Wayback Machine
- ↑ "FAI Record ID #9957 - Time to climb to a height of 6 000 m. Geargiveer 23 Junie 2015 op Wayback Machine
- ↑ "FAI Record ID #9960 - Time to climb to a height of 9 000 m. Geargiveer 24 Junie 2015 op Wayback Machine