Somewhere in Time
Somewhere in Time | |
---|---|
Regisseur | Jeannot Swart |
Produksieleier | Stephen Deutsch Ray Stark |
Draaiboek | Richard Matheson |
Met | Christopher Reeve Jane Seymour Christopher Plummer Teresa Wright Bill Erwin |
Musiek deur | John Barry |
Kinematografie | Isidore Mankofsky |
Redigeerder | Jeff Gourson |
Verspreider | Universal Pictures |
Uitgereik | 3 Oktober 1980 |
Speeltyd | 103 min |
Land | Verenigde State van Amerika |
Taal | Engels |
Begroting | VS$ 5,1 miljoen |
IMDb-profiel |
Somewhere in Time is 'n Amerikaanse romantiese wetenskapsfiksie-rolprent wat in 1980 vrygestel is. Die regisseur van die film was Jeannot Swart, die hoofrolle is deur Christopher Reeve, Jane Seymour, Christopher Plummer, Teresa Wright en Bill Erwin vertolk.
Somewhere in Time is gebaseer op Richard Matheson se roman Bid Time Return wat in 1975 verskyn het. Matheson het ook die draaiboek vir die rolprent geskryf.
Reeve speel die hoofrol as Richard Collier, 'n toneelskrywer wat in 'n hotel op die portret van 'n jong vrou verlief raak. Met behulp van selfhipnose reis hy terug in die tyd om in 1912 liefde by die aktrise Elise McKenna (vertolk deur Jane Seymour) te vind. Haar bestuurder, William Fawcett Robinson (vertolk deur Christopher Plummer) vrees egter dat die liefdesverhouding haar loopbaan in gevaar stel en besluit om Collier te stuit.
Die rolprent staan bekend vir sy musiekklankbaan wat deur John Barry gekomponeer is. Die agtiende variasie van Sergei Rachmaninof se Rapsodie op 'n tema van Paganini word eweneens regdeur die hele film gespeel. 'n Digitaal bewerkte weergawe van die rolprent is in 2013 op DVD vrygestel.