Gaan na inhoud

Soutpansberg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Voetslaanroete in die Soutpansberg.
Hanglip en radarstasie in die sentrale Soutpansberg, soos vanaf Louis Trichardt gesien. Op 1719 m is dit 700 m hoër as die dorp en een van die bergreeks se opvallende hoogtes. Vlamdorings groei op die voorgrond.

Die Soutpansberg is 'n bergreeks in die noordelike deel van Suid-Afrika in die Limpopoprovinsie. Die bergreeks is ongeveer 130 km lank en strek in 'n oos/wes rigting. Die naam kom van die soutpanne wat die Voortrekkers daar ontdek het. Die hoogste piek is Lajuma (1753 m). Louis Trichardt is net suid van die berg en die N1 nasionale pad kruis die berg hier deur Wyliespoort. Die 70 m hoë Lajumawaterval is ook in die berg.

Die Blaauberg is aangrensend van die Soutpansberg, maar die geologie is verskillend.

Galery

[wysig | wysig bron]

Organismes endemies aan die Soutpansberg

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

23°0′S 29°52′O / 23.000°S 29.867°O / -23.000; 29.867